Sweet Dreams

Op 21 April 2012 het die vrouelidmate hulle eerste funksie vir die jaar gehad. Die tema: “Sweet Dreams”.

Wat ‘n heerlike avontuurlike dag van lag, lag en nogmaals lag… 

Die dag was gehou in die vorm van ‘n koek versier kompetisie! Daar was vier groepe en elk van die groepe het onversierde koeke ontvang en moes sorg dat daar binne ‘n uur ‘n skepping staan.

Groot pryse was op die spel en die konsentrasie het hoog geloop in al van die groepe! Oor die algemeen was dit ‘n gelag en ‘n gespottery van groep tot groep! 

 Een van ons groepe het bestaan uit 2 jong dames uit die jeug, gelei deur een van ons Jeugleiers!

 Nouja, jong dames weet mos nie van koek versier nie, maar hulle het ons verras met ‘n self uitgedinkte tema en ja al het die versiersuiker jou laat wonder of jy die Rennie’s moet gaan haal, het hulle groep met die eerste prys weggeloop vir die mees oorspronklike Robot ooit.

Eerste prys:  Shantelle, Charleen & Elsie: Robot
Tweede prys (gedeel):   Rona & Marie: Skatkis en   Annemarie, Belinda & Hettie: Slak

Dit was ‘n heerlike ervaring om sowel jonk en oud saam die dag te kon spandeer! Mag hierdie stukkie elke vrou van ons gemeente inspireer om ook deel te word van die vrouelidmate byeenkomste!

Indien jy nie ‘n program vir die jaar ontvang het nie, kyk gerus in die kerk portaal vir jou ‘n afskrif.

Groete & Liefde

Vrouelidmate Bestuur

Skittervroue Dag van Pamperlang
Plasing No 0127

Leave a Reply

Your email address will not be published.