The Master’s Touch

Vrouediens se Dames tee

Die dames van NG Kerk Mindalore het Saterdag 20 October besluit om die mans te stuur om pannekoek te gaan bak by Koek’n Loer, hulle uitgedos vir die geleentheid en by die kerksaal bymekaar gekom vir die Vrouediens se Dames Tee. Die weer het gelukkig saam gespeel, maar net vir in geval dit te warm raak, het 6 van die dames hulle wye-rand sonhoede opgesit!

Belinda, Alta, Rina, Mariette, Lorinda, Anne-Marie, Rhona en Anne-marié het as gasvrouens opgetree en die kompetisie was groot om te sien wie die mooiste tafel het, maar uiteindelik was dit net onmoontlik om ‘n wenner aan te wys – almal was wenners! Daar was 60 dames van ons gemeente en ander vriendinne, wat onthaal is met heerlike eetgoedjies, tee, koffie en vrugtesap.

Die tema vir die dag was “The Master’s Touch”.  Anne-marié het almal verwelkom, waarna Lorinda die mens se lewe vergelyk het met ‘n teesakkie! “Die naamkaartjie is die etiket wat jy dra, die toutjie die sondes wat jou verstringel, die krammetjie die laste wat ons dra, die wit teesakkie ‘n voorgee lewe en die tee blare ons diep sondes. Jesus Christus het met Sy kruisiging ons kom bevry, gereinig en nuut gemaak sodat ons in heerlikheid eendag saam met Hom kan leef! Die keuse is joune: is jy bereid om ‘n suiwer kanaal vir Sy heilige gees te wees om deur te werk….”

Zendra en Leandre het almal vervolgens weggevoer met hulle engel stemme toe hulle “The Prayer” sing. Deur die loop van die oggend het hulle nog verskeie sang items gelewer.

Anne-marie het ‘n voorlesing gedoen oor “The Pencil”. Net soos die potloot is die belangrikste deel van wie jy is, jou binneste (die loot van die potloot) wat gereeld skerp gemaak (verskerp) moet word. Ons moet toelaat dat God se Hand ons vashou en lei in die regte rigting, net soos wat die skrywer met die potloot doen.

Die hoogtepunt van die dag was toe Lappies van Schalkwyk, die gasspreker van die dag, ‘n gesigs behandeling op Shantelle gedoen het. Haar tema was die innerlike skoonheid van die vrou. Ons moet ontvanklik wees vir die aanraking van Sy Hand (The Master’s Touch) en so Sy Vrede ervaar. Net so moet ons ook nie skroom om mense na aan ons aan te raak en so na hulle uit te reik nie – ons aanraking kan ‘n verskil in hulle lewens maak. Sy het ook baie nuttige skoonheids wenke met die dames gedeel en Shantelle het te pragtig gelyk met haar nuwe voorkoms.

Daar was ‘n geskenkie vir elke dame en ook hope gelukkige trekkings.

Laastens het Alta die bedankings gedoen en Zendra het afgesluit met die “Ons Vader”

Anne-Marie van Niekerk

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Die Emmaus Pad
Dankbaarheid
Vergifnis
Plasing No 0132
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Leave a Reply

Your email address will not be published.