Vergifnis

Ek weet ons het al alles gehoor wat daar te hoore is oor Vergifnis, vergewings gesindheid en onvergifnis maar die Here het dit op my hart gedruk om nog so ’n bietjie daaroor uit te brei. So vir die volgende twee maande wil ek graag hier stilstaan.

   Die ou gesegde “Onvergifnis is soos om gif te drink en te hoop dat dit die ander persoon sal sterf” is so waar. Mat 6:15 “Maar as julle die mense hulle nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie” Sjoe, dit is harde woorde. As die Vader jou nie vergewe nie is jy verdoem vir die res van tyd. Dit maak nie saak hoe “goed en gelowig” jy jou lewe gelei het nie, as daar selfs die kleinste bietjie onvergifnis in jou lewe is, kan dit jou redding weerhou.

   God verwag van ons om dié wat teenoor ons oortree te vergewe. God se opdragte en wette is egter nie beperkend nie maar beskermend, Hy beveel ons om sekere dinge te doen in hierdie lewe omdat Hy weet dat dit vir ons goed is. Byvoorbeeld, ‘n pa sê vir sy tiener dogter om 11:00 by die huis te wees omdat hy haar lief het en wil beskerm teen gevare en nie omdat hy haar pret wil bederf nie.

God beveel ons om te vergewe want vergifnis is ‘n voorvereiste vir genesing en ‘n lewe van oorwinning. As ons kies om nie te vergewe nie dan raak ons verbitterd en die oortreding bly ons aanhoudend seer maak. Maar as ons kies om te vergewe dan sit ons die oortreder en die oortreding agter mens se rug, God genees die seer en ons kan aangaan met ons lewe. Seer kan ons beter maak of bitter, dit is elke persoon se eie keuse!

 HOE VERGEWE GOD ONS?

Dit is belangrik dat jy moet besef hoe God jou vergewe as jy vergifnis vra sodat jy sal ervaar dat jy werklik vergewe en skoon is. Dit is baie moeilik om iets weg te gee wat jy nie het nie. Wanneer jy God se groot genade vir al jou sondes ervaar sal jy nie anders kan as om ook genade aan ander te bewys.

   Ps 103:9-10: “Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie”. Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie, want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af. “

   Jes 38:17: “Want U het al my sondes agter U rug gewerp.”

   Jes 43:25: “En tog is dit Ek wat jou opstandigheid vergewe. Ek is getrou aan Myself, Ek dink nie meer aan jou sondes nie.”

   Miga 7:19: “Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi.”

   Hand 13:38-39: “Daarom, broers, moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hóm is, en dat elkeen wat glo, deur Hom vrygespreek word van alle sondes.”

   1Joh 1:9: “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid”.

Dus, wanneer ons self ons grootste sondes bely teenoor God vergewe Hy ons volkome, Hy dink nooit weer aan ons sondes nie en dit is asof dit nog nooit gebeur het nie.”   

Ons het ’n genadige God van liefde, ’n God wat ons vergewe en nooit weer aan ons sonde sal dink nie.

Die duiwel aan die ander hand haat ons as God se kinders en sal alles probeer om ons te laat sterf. Toe bring hy ’n klein ietsie na ons toe genaamd Skuldgevoelens.

  Ons sal volgende maand kyk na hoe skuldgevoelens God se vergifnis in die wiele kan ry.

                Liefde Groete

                Die Ontdekker.

Nog Sielskos vir die Lewensreis
Skuldgevoelens En Vergifnis – Deel 1
Skuldgevoelens En Vergifnis – Deel 2
Christenskap is nie kinderspeletjies nie
Keuses
Bou U Legkaart
Geweld Geweld
Plasing No 0220

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *