Veronderstel Ons Is Besig

Veronderstel ons is besig om in ’n vliegtuig te vlieg. Skielik bars die enjins in vlamme uit, en die loods storm uit die stuurkajuit uit. “Ons gaan neerstort!” skree hy. “Ons moet uitspring!” Vinnig deel hy die valskerms uit, gee ’n paar haastige instruksies en ons val agtermekaar in by die oop deur. Die eerste passasier gaan tot by die deur en skree bokant die geraas uit: “Kan ek iets vra?”

“Sekerlik. Wat is dit?” wil die loods weet.

“Kan ek nie miskien ’n rooi valskerm kry nie?”

Die loods skud sy kop in ongeloof. “Is dit nie goed genoeg dat ek vir jou ’n valskerm gegee het nie?” En met dié, gee hy die eerste passasier ’n hupstootjie by die deur uit.

Die tweede passasier kom by die deur. “Ek wonder of daar iets is wat jy vir my kan gee om seker te maak dat ek nie naar word terwyl ek val nie?”

“Nee, maar ek kan seker maak dat jy ’n valskerm het vir die val,” antwoord die loods.

“Asseblief, Kaptein,” sê die volgende een, “ek het hoogtevrees. Kan jy my vrees wegvat?”

“Nee,” antwoord hy, “maar ek kan vir jou ’n valskerm gee, sodat jy jou nie te pletter val nie.”

Nog een pleit om ’n ander plan van aksie: “Kan ons die vliegtuig nie maar eerder laat val nie. Dalk is ons gelukkig en oorleef dit.”

Die loods glimlag verdraagsaam en sê: “Jy weet nie wat jy vra nie,” en help die man saggies by die deur uit. So het ons – een na die ander passasier – ’n onredelike of onbillike versoek …

“Julle mense verstaan nie,” skree die loods terwyl hy ons een vir een by die deur uithelp, “ek gee vir julle ’n valskerm, en dis genoeg.”

Net een ding is nodig vir die sprong om te oorleef: ’n valskerm, en dit word deur die loods verskaf. Hy plaas die noodsaaklike instrument in ons hande. Sonder daardie valskerms is ons kanse op oorlewing nul.

“My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” – 2 Kor 12 v 9.

Wat beteken die woord “genade”. Genade is daardie verlossing wat God in sy Seun vir ons gebring het, met ander woorde, almal wat Jesus Christus aanvaar as die ware Verlosser en in Hom glo, word nie meer deur God veroordeel nie, maar vrygespreek (Rom 3:24). Ja, al ons oortredinge word deur die bloed van die Here Jesus afgewas … ons word vergewe (Ef 1:7). Daarom kan genade ook nie verdien word nie … nee, dit word uit liefde aan ons geskenk omdat ons in Jesus Christus glo. En as God vir Paulus sê: “My genade is vir jou genoeg …”, dan moet Paulus verstaan dat, sou hy uit ’n brandende vliegtuig moes spring, sy geloof in Jesus Christus soos ’n valskerm sal wees – dit sal sy lewe red!

Maar besef julle dat ons baie keer ook op soortgelyke wyse met God se genade werk? Ja, volgens ons het God se genade slegs waarde vir ons as dit aan sekere van ons vereistes en voorwaardes en versoeke voldoen. God se genade is genoeg en dit is dit. Mag jou dalk nie altyd in gemak en weelde bring nie maar is genoeg…

Liefde groete

Die Ontdekker.
Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Wie Dink Jy is Jy?
Persoonlike Getuienis – Deel Een
God Hou Sy Woord en Beloftes
Wie is Jou Superhero
Ek Wil Die Here Loof – Psalm 103
Juig en Wees Bly
Genesing
Waarom moes Jesus as mens gebore word?
Julle Sal Krag Ontvang
Plasing No 0310

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *