Vier Fees Elke Dag

Sjoe ons het darem nou vir jou ‘n paar dae gevier! Eers Moedersdag toe Vadersdag en boonop nog n publieke vakansiedag om Jeugdag te vier.  Dis nogal lekker né? Dit het my net laat besef dat ons elke dag iets het om te vier. Elke dag is ‘n dag uit God se hand.  Dis ‘n gawe van God aan ons om lewe in oorvloed te hê. Oorvloed nie noodwendig op materiële gebied nie, maar ook op geestelikevlak. Ons is baie kosbaar vir God.  

Maleagi 3:16 -17 (NLV) “ Hulle het ‘n gedenkboek in Sy teenwoordigheid geskryf. Dit het die name bevat van mense wat die Here met ontsag dien en lewe met agting vir Sy Naam. Die Magtige Here sê: “Die dag as Ek ingryp sal hulle My kosbare besitting wees.”

Psalm 16:5 “Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af.”
Psalm 118:24 “Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees”.
Psalm 118:27 “Die Here is God; Hy skenk ons die lewe.”
Psalm 138:3 “U is met al my paaie bekend”.
Psalm 138:5(NLV)  “U sluit my in van voor en van agter. U hand van seën is op my.”  

God doen nie altyd hierdie vreeslike groot dinge nie, maar wat God doen is goed. Laat die Gees jou lei om elke dag Sy hand in jou lewe raak te sien. Alles is nie altyd maklik nie, maar God is getrou. Hy sorg. Hy weet wat ons behoeftes en begeertes is, nog voordat ons Hom vra. Leef elke dag voluit, Godgerig en wat jul ook al sê of doen, doen dit vir God. Alles altyd in Sy Naam. Aan Hom wat op die troon sit, Al Die Eer! Dis Hy wat ons verlos en bewaar.  Sagaria 4:6 “Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur My Gees, sê die Here die Almagtige. “

Elke dag is ‘n gawe uit God se hand. Gryp die dag aan en leef tot uitbreiding van Sy koninkryk. God het elkeen van ons op ‘n baie besondere manier lief en wil net die beste vir ons hê. Hy rus ons toe en dra ons om elke dag nuut uit die oorvloed van Sy genade, liefde en trou te leef. Jesus Christus het duur betaal, sodat ons uit Sy oorwinningskrag kan put.

Vier elke dag die lewe. Die dag is deur God aan jou geskenk. Die bepaalde dag kom net eenmaal in jou lewe.

Sagaria 4:10 “Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie.”

Filippense 4:4 (OV) “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: verbly julle!

Groete, 

Duimpie
Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Psalm 127 – As die Here die huis nie bou nie
Its About Time
Doen wat ek jou vra
Psalm Min Een
Jeug – Julie 2021
Wat Word Van Die Wereld?
Die Apie en die Tier
Plasing No 0289

Leave a Reply

Your email address will not be published.