Voetspore

Ons lewe is soos n groot sanderige strand waar woorde en dade soos voetspore bewyse los waar ons was of wat ons gedoen het. Elke treë wat ons gee los sy merk, maar nie alle treë is in die regte rigting nie. Soms word treë in woede gegee en soms word treë sonder God gegee. Soms trap ons diep seer spore op iemand anders se strand of iemand se spore is so diep op jou strand getrap dat jy in die spore val.

 Die wonderlike ding van die natuur is dit maak nie saak hoeveel mense vandag op die strand was nie teen more het die gety en wind alle bewyse van mense uit gevee en as jy vroeg genoeg strand toe gaan is dit asof jy die eerste mens is wat jou voete op die sand sit.

God het die vermoë om soos die wind en getye, alle voetspore van jou strand af te vee. God wil hê dat ons elke dag op n skoon, “nuwe” strand kom loop, ‘n strand sonder diep spore of gate. En onthou selfs die diepste gat kan weer gevul word. Dit vat dalk net bietjie langer as ‘n voetspoor.

  Dit is hoekom dit so belangrik is om elke dag vir God te vra om jou “strand” skoon te vee en elke dag te begin met twee rye voetspore, jou spore en die van God. Roep Hom aan en Hy sal jou gebede verhoor.

 Vader Jesus, dankie dat U groter is as die sterkste wind en see gety en dat U enige oortreding in ons lewe kan uitvee soos voetspore in die sand.

Amen

Liefde groete

Die Ontdekker.

Nog Sielskos vir die Lewenspad
Gebeds Uur – Deel een
Tien jaar saam met Mindalore
Dissipline
Lekka Lekka Potjiekos – kompetisie 2013
Think Different
Nuwe Plasings

Plasing No 0090

Leave a Reply

Your email address will not be published.