Waarvoor Gebruik Jy Dit?

Hier is drie items. ’n Kitaar, ’n tandeborsel, en ’n sak geld.

’n Kitaar is gemaak om mooi klanke te maak, maar ek sal dit nie kan gebruik om ’n spyker in ’n stuk hout in te slaan nie. Dit is goed om musiek te maak maar is glad nie as ’n hammer nie.

Kyk na die tandeborsel. Dit werk baie goed om jou tande elke aand en oggend mooi skoon te maak. Maar, kan jy dit as ’n mikrofoon gebruik terwyl jy in die badkamer sing? Natuurlik nie! Niemand gaan iets hoor as jy daaroor probeer praat nie.

Kyk nou na die sak…….. Dit is vol geld. Geld is baie waardevol want jy kan dinge gaan koop wat jy nodig het. Klere, kos, en petrol vir die kar. Maar kan mens die geld gebruik om jou plek in die hemel te verseker? Nee, natuurlik nie.

   In die Bybel lees ons van iemand wat wel gedink het hy kan enigiets in die lewe koop, selfs ook sy plek in die hemel. In Lukas 16:19-31 lees ons die bekende verhaal van ‘n ryk man en ‘n arm man.

Kom ons lees gou wat die Bybel te sê het oor die twee manne:

“Daar was ’n ryk man wat duur en deftige klere gedra en elke dag feestelik en weelderig geleef het” (Luk 16:19).

“En daar was ’n arm man met die naam Lasarus wat by die deur van die ryk man gelê het in die hoop dat hy van die oorskiet van die ryk man se tafel iets te ete kan kry. Hy was oortrek van die swere en selfs die honde het daaraan kom lek.” (Luk 16:21).

   Op ’n dag sterf altwee die mans. Die arm man word deur engele weggedra om ’n ere plek langs Abraham in te neem (Luk 16:22). Die ryk man word begrawe en in die doderyk verduur hy baie pyn. Die hartseerste van die verhaal is dat die man gedink het sy klomp geld gaan hom in die hemel bring. Hy was verkeerd en het opgeindig by ’n plek vêr van God af.

   Die enigste manier om te verseker jy gaan eendag in die hemel kom is deur jou hart vir Jesus te gee, selfs al is jy arm of ryk. Voor Jesus is almal gelyk. Doen dit sommer vandag nog as jy nie al het nie want Jesus wil jou vriend wees.

Vrede en liefde en baie seën vir almal.

Oom Jan
Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Die Einde van Alles
Leer Om Op God Te Vertrou
Josua Rigters en Rut
Die Balk in Jou Oog
Jonk Maar ‘n Voorbeeld
Kies Vandag wie Julle wil dien
Gefokusde Gebed
Geloofsvolharding – deel 5
Plasing No 0260

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *