Wen ‘n Jag Naweek – Trekking

Met die finansiële uitdagings wat ons gemeente tans ondervind, het Kobus en Mariska Meyer van die plaas Meyersrus in Ellisras vir ons gemeente ‘n jagnaweek geskenk as Fondsinsamelingsprojek om ons fondse te versterk .

In die begin was die belangstelling maar traag want mense draai hul sente nou 5 keer om, maar op die einde is daar 185 kaartjies verkoop wat vir ons ‘n inkomste van R9250 gee. Woensdagaand 30 Junie op 18:30 het Marinuque, hul dogter, vir ons die trekking gedoen.

Aangetrek soos ’n professionele jagter het die dametjie haar goed van haar taak gekwyt. As gevolg van COVID inperkings is ‘n video van die trekking gemaak wat uitgestuur is aan almal wat kaartjies gekoop het.

Die gelukkige wenner is Klaus Lettau van Pretoria. Baie geluk aan Klaus. (Hoop die biltong smaak lekker!). Jy en Monica gaan verseker jul naweek saam met die Meyers op Meyersrus geniet.

Baie dankie aan elkeen wat hierdie projek ondersteun het!

Fotos van Marunique verskaf deur haar ouers.

Fondsinsameling
Mpact afvalpapier Insameling
Wen n Jag naweek
Wen “n Jag Naweek – 2021 – Wenner in Aksie
Plasing No 0243

Leave a Reply

Your email address will not be published.