Woestyn Pad

Die teleurstelling was uitgebeitel in die plooie in Aäron se gesig.
My ma se hart was gebreek na die moord op die Egiptenaar. God het aan haar die belofte van ‘n redder gegee nie ‘n moordenaar nie! Moses het in die Woestyn in gevlug en niemand het hom weer gesien nie.
Sonder ‘n trek om sy mond vertel Aäron verder ”Ek kon nooit rustigheid kry nie. Ek het God gesmeek, gepleit om vir my vrede in my hart te bring!

Lank na sy ouers se dood het Aäron nog met haat en jaloesie in sy hart rondgeloop. Daar was baie dinge wat hy nie kon verstaan nie. Baie vrae maar min antwoorde. Hy het met God gepraat, en geworstel om vir hom duidelikheid te gee oor sy gevoelens en worstelinge.

Aäron kyk na my met sy oë wat deur die pyn van seer tot in my siel kyk. ”Meisie, ek was nog besig om met God te worstel toe kom Sy stem hard maar duidelik tot my

Aäron, Jy word oud, staan op en gaan soek jou broer Moses in die woestyn!

Traandruppels swem in die poele van die songebrande oë. “Meisie, as God praat, dan luister jy!” Glo my, dit was moeilik. EK moes dit alleen doen, alleen met my gedagtes my hart my siel ontbloot voor God. Waarheen, hoe, wat, waar begin ek? En dan antwoord God

“Aäron, Ek het jou ‘n opdrag gegee, Ek sal jou help om die opdrag uit te voer!”

In die begin was elke tree ‘n tree van verwyt, ‘n tree van veroordeling, haat, woede, aggressie en wraak! Maar die ongenaakbare son het soos ‘n warm vuur die smeltkroes van emosies in my binneste gesuiwer, Ek het begin om myself in my boetie se sandale te plaas. Grootgeword in weelde, maar weg van die liefde van sy eie ma en pa. Egiptenaar in klere, maar Jood in hart, verstoot, verwerp, verwyt. Van prins na vlugteling, geen heenkome, geen familie, alleen, bevrees, verlore.”
Aäron kyk in die verte
“Meisie…”
“Noem my asseblief Debora, help ek hom reg.”
“Goed so, Debora, ek moet vir Moses kry, hy is my broer” Die traandruppels vorm twee sagte spore al langs die stofgeplakte wange. Aäron se skouers ruk soos jarelange pyn soek om vrygelaat te word.

Die geblêr van skape knal die heilige stilte tot ‘n einde. Die geroep van die herder raak al hoe harder soos hulle in ons rigting beweeg.
Aäron druk swaar teen sy kierie om regop te kom. Hy vee die trane se soutspore van sy wange af. Elke spiertjie in sy gesig bult soos hy soek na die herder.
“Here God, laat dit asseblief my broer Moses wees.” sê….vra Aäron met ‘n half hoorbare stem.
Ek staan ook op, voete vol blase, gebarste lippe, en geswelde hande.
“ Kom Debora!” en Aäron begin stap in die rigting van die herder. Sy hand klem om my pols soos hy my saam met hom trek. Sy tree word al langer, sy gesig al meer gefokus.
“Dis hy Debora, dis Moses, dankie Vader, U is getrou,!!“
“Moses….. “ en dan roep hy nog harder “ Moses, dis ek. Aäron”

Die herder versteen met die aanhoor van sy naam. Hy draai versigtig in ons rigting, sy gesig gevul met vrees. Voordat hy tot verhaal kon kom, hardloop Aäron tot by hom, gooi sy arms om sy broer en begin bitterlik te huil. Die pyn wat vir jare in hom opgebou het, word met elke ruk uit die seer liggaam van Aäron bevry. Moses vou sy arms om sy ouer broer en die huil verander in lofprysing aan God.
God wat heelmaak,
God wat ons op die Woestynpad stuur sodat ons vry kan kom van onsself en ons verlede, sodat ons in Sy diens kan staan.


Ns. Die verhaal van Debora, is in ‘n droom deur God aan ‘n lidmaat gegee en sy was bereid om dit met ons te deel. Dankie Debora dat ons saam met jou en Aäron die Woestynpad kon stap. Ek neem aan dat die, die tweede deel van die artikel. Die eerste deel word opgespoor. – Red

Nog Sielskos Vir Die Lewens Pad
Gebeds Uur – Deel Vier
Wie is Jou Held
God se Ritme in Ons Lewe
Plasing No 0031

Leave a Reply

Your email address will not be published.