Veertig Dae en Veertig Nagte op Berg Sinai

Die verhaal van Moses is beslis die een waarna ek die meeste terug gaan. Ek vereenselwig my baie met Moses se persoonlikheid en karakter maar wat ‘n verhaal is dit nie, van hoe God jou bystaan deur dik en dun. ‘n Man wat groot gesondig het, vlug en gaan kruip in die dorre woestyn weg. God gaan haal hom daar uit en rig hom op tot iemand wat in God se teenwoordigheid vergader.

Het hy getwyfel? Ja.
Het hy vir God gevra of Hy nie dalk die verkeerde persoon gekies het nie? Ja.
Was hy ongehoorsaam? Ja.
Het God hom self een keer in die steek gelaat? Nee!

Om kwaliteit tyd saam met God te spandeer is uiters belangrik vir jou verhouding met God, en ek praat gereeld daaroor. So hoe verheug was ek nie toe ek dit ook in Moses se verhaal sien nie. Ons almal ken die verhaal van die brandende bos. (Eks 3) Moses het uit vreesaanjaende gesag sy gesig toe gemaak want hy wou nie vir God kyk nie.

Soms voel ek asof ons, ons gesigte toe maak teenoor God. Nie uit gesag nie, maar uit skuld gevoel.
Ek kon nie my 10de gee nie.
Ek het wetend die verkeerde ding gedoen maar wat anders kon ek in die situasie doen ens.


Kruip ons weg van God af as gevolg van daardie skuld gevoelens? Toe God na Moses uitroep daar waar hy in die woestyn “weg gekruip” het vanuit die brandende bos, het Hy nie gesê “Moses ek wou jou gebruik maar jy het gesondig” nie.

Nadat Moses die Israeliete uit Egipte gelei het en by Berg Sinai kamp gemaak het, het hy op gegaan na die berg toe om tyd in God se teenwoordigheid te spandeer. Vir 40 dae en 40 nagte was Moses intens in God se teenwoordigheid. In Eksodus 34:29 Lees ons “Toe hy van Sinai berg af gaan met die twee plat klippe in sy hand, die klippe waarop die getuienis was, was hy nie daarvan bewus dat sy gesig blink geword het terwyl die Here met hom gepraat het nie. Toe Aäron en die Israeliete opmerk dat sy gesig blink, was hulle bang om naby hom te kom.”.

Hoe wonderlik is dit nie, ek is seker Moses het nie sy gesig van God af weg gesteek soos met die brandende bos nie. Die beste ding is, terwyl hy tyd saam met God spandeer het, het God hom verander. Moses self het dit nie eers agter gekom nie, maar toe die ander mense hom sien kon hulle nie hul oë glo nie.

Moses het geskyn!

WOW. Draai jou gesig na God en spandeer kwaliteit tyd saam met Hom sodat jy ook kan skyn in die wêreld.

Liefde groete
Die Ontdekker

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Gebeds Uur – Deel Vier
Psalm 127 – As die Here die huis nie bou nie
Belydenis Aflegging 2012
Eensaam
God se Ritme in Ons Lewe
Plasing No 0045
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Leave a Reply

Your email address will not be published.