Belydenis Kamp – 2014

TEMA – Is God “Real”?

Belydenisklas kamp 2014 Was iets baie besonders – by die see!! Dis seker die grootste droom wat waar geword het.  Die mees onmoontlike het waar geword nadat Amanda en Clive Donaldson (Mense wat ons nie eers geken het nie) hulle strandhuis in Southport vir ons beskikbaar gestel het. Met groot opgewondenheid is Henning, Gert en Rina Hayes (kos pa en ma) en vier van die vyf belydenisklas kinders op 27 Junie af see toe vir die kamp. 

    Dit was ’n onvergeetlike ervaring.  God het ons bederf met die mooiste strand, die lekkerste weer, walvisse wat in die see gespeel het, die mooiste sonsopkoms en nog soveel meer!

   Ons as groep moes preek maak, ons geestelike gawes ontdek en ook besef dat ons verskillende spiritualiteite het. Daarom moet ons in die kerk vir mekaar ruimte maak.  Elke oggend moes die kinders ’n gedeelte in die Bybel lees wat ons dan later in die groep bespreek het. 

   Baie dankie vir Hennie en Martie Thessner wat ook vir ons ‘n skenking gegee het om die brandstof kostes te dek en almal wat ons bederf het met lekker kos en beskuit en koekies!

Dit was voorwaar ‘n great kamp.

Foto 1 Rina en Gert Hayes was Kos Ma en Pa – Lekker né
Foto 2 Skottelgoed was is nie vir sussie nie!! Gelukkig was Virginia ‘n baie goeie Juffrou!
Foto 3 Drifting kompetisie!
Foto 4 Nandi Oosthuizen, CJ von Brandis, Bernadine van Aswegen en Damion Pretorius doen Bybelstudie op die strand!

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
God is Realiteit – Belydenis Kamp 2013
Belydenis Aflegging 2012
Jonk Maar ‘n Voorbeeld
Veertig Dae en Veertig Nagte
God van die Onmoontlike
Christenskap is nie kinderspeletjies nie
Jy Is Nes Jou Pa
Plasing No 0294

Leave a Reply

Your email address will not be published.