Besoek aan Swaziland

-Anne-Marie Scheepers-

Hierdie jaar was daar nie n uitreik in die volle sin van n uitreik nie en het Henning, Jan en ek besluit om die geleentheid te gebruik om by almal aan te klop wat ons ken in Swaziland en sommer net lekker te kuier en ook n paar onbeantwoorde vrae op tafel te le rakende ons skuif na Swaziland. 

   Ons het Donderdag 21 Maart vertrek en sommer met die intrapslag was die geleentheid daar om aan God se Koninkryk te werk.  Die vroue van Manzini gemeente vas elke Donderdag vir n spesifieke doel en dan word daar in die aand n bybelstudie gehou waar hul intens bid vir die spesifieke dinge wat geïdentifiseer is.  Daardie aand het ek die Heilige Gees se teenwoordigheid intens ervaar tydens die gebedsessie.  Dit is dan ook hier waar ek besef het dat ons vroue van Mindalore “een” moet word met ons Swazi sussies deur ook op n Donderdag saam met hulle te vas en te bid.  Selfs die mans was geseën met n openbaring oor hoe die Gees Homself ten toon stel. 

   Vrydag het ons n vergadering met Musa gehad waartydens ons al ons vrae en bekommernisse op die tafel gelê het rakende ons roeping na Swaziland.  Na die vergadering het Musa ons Phemba toe geneem waar ons die Dominee van Phemba gemeente, Enoch, ontmoet het.  Ek kan met alle eerlikheid sê dat na die ontmoeting voel ons baie meer gerus want nou weet ons waar ons gaan woon as ons in 2016 na Swaziland verhuis en ons weet waarvoor om voor te berei.

   Vrydagaand is ons na vriende, Mauritius en Surene.  Daar het ons sommer net lekker gekuier en die aand het ons op n regte egte Krokodiljag gegaan. Dit was nogal ‘n openbaring om te sien hoeveel krag ‘n jaar oue krokodil het.  ‘n Meneertjie wat jy nie onervare aanvat nie.

Saterdag het ons uitgery na Malindza.  Met die nuwe Internasionale Lughawe wat in wording is, het die paaie baie verander na Malindza.  Die hoofpad loop letterlik reg langs die nuwe kerk wat ons gemeente help befonds.  Ek kan wel noem dat hul reeds fondasie gegrawe het vir die ingangsportaal en bouwerk sou na Paasnaweek weer hervat word op Malindza.  Die kerk is feitlik dakhoogte en Mauritius skenk al die dakteëls vir die kerk!  Dit is ‘n ongelooflike groot som geld wat bespaar word en ons se dankie dat die Here ook so in mense se harte werk. 

   Sondag het ons die Manzini gemeente se diens bygewoon waar Henning die boodskap gebring het.  Die van julle wat reeds ’n Swazi diens bygewoon het, sal weet dat dit altyd n wonderlike ervaring is.  Na ‘n uithang Sondagete is ons dan verder na Dudu Dlamini waar ons dan ons laaste aand deurgebring het.

Dankie aan almal wat voor en tydens die uitreik vir ons gebid het.  Die Here het letterlik voor ons uit gegaan en die pad gaan gelyk maak. 

Gebedsversoek vir Swaziland: 

Vra vir openbaringskennis en dat die Woord lewe kry en nie net woorde op papier bly nie.

Si

Sien Ook
Gaan Dan Heen
Swaziland SOS Village
Ek en My Huis
Psalm 127 – As die Here die huis nie bou nie
Ek Wil Die Here Loof
Bid en bly op die smal pad
Volkome Vertroue
Plasing No 0247

One thought on “Besoek aan Swaziland

Leave a Reply

Your email address will not be published.