Bid – En Bly op die Smal Pad

Hoe moeilik raak dit nie soms om op die smal weg te bly nie, of voel dit dalk asof al ons krag en energie gebruik word om die duiwel teen te staan?

   So nou my vraag; Hoe kan jy ‘n oorwinnende Christelike lewe lei?
   Verdiep jouself in die Skrif. “‘n Mens het meer as brood nodig om van te lewe. Wat jy eintlik nodig het, is om te leef van elke woord uit God se mond.” (Matt 4:4 NLV).

   Satan het drie keer probeer om Jesus te verlei, maar elke keer het Jesus geantwoord, “Daar staan geskrywe.” (Matt 4 vs 4,vs 7 en vs10). Na die derde probeerslag het Satan Hom uitgelos, want hy kon nie die oorhand kry nie. Net so min kan Satan die oorhand oor jou kry as jy op God se Woord staan. Wees vertroud met God se Woord voordat die aanval kom.
   Kweek die gewoonte om te bid. Gebed vorm ‘n skild van goddelike beskerming rondom jou. Moenie daarsonder lewe nie. “Wees waaksaam en bid. Anders sal die versoeking vir julle te sterk word.”(Matt 26:41). Totdat jy jou sondige begeertes bely en daaroor bid, sal jy altyd kwesbaar wees. Jou ou, sondige natuur moet elke dag gekruisig word. Dit kan net deur gebed gedoen word.
  
Verbrand jou brûe. Enige negatiewe brug na jou verlede wat jy nie verbrand nie, gee Satan weer toegang tot jou lewe. Die jong gelowiges in Efese het hul ou boeke oor heksery en pornografie op die stadsplein verbrand. 

    Paulus sê: “Moet nie toegee aan die begeertes van julle sondige natuur nie.” As jy vir Satan ‘n pinkie gee, sal hy jou daarmee wurg. Onthou, verandering is onafwendbaar maar groei is opsioneel. As jy Egipte nie vaarwel roep nie, sal jy nooit die Beloofde Land binnegaan nie.

Liefde Groete

Die Ontdekker.

Lees meer oor die Skild van geloof
Lees meer oor die 12 fokuspunte van gebed
Plasing No 0042

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *