Blink Dance Studio groet na 17 jaar van goeie samewerking

Dit is met ‘n seer hart dat ek totsiens sê aan NG Kerk Mindalore.  Vir die afgelope 17jaar was dit die huis van Blink Dance Studio.  Soveel kinders het in Mindalore se deure gestap. Die saal was nie net ‘n saal vir hulle nie, maar ‘n plek van veiligheid, ondersteuning en ‘n plek waar hulle kon droom.

Ook die verhoudings wat ek ook in Mindalore met die gemeente gebou het was baie spesiaal, en deur harde tye in my lewe was die gemeente daar vir my.

Baie dankie Dominee en Kerkraad vir al die geduld, ondersteuning en liefde deur die jare.  Ons gaan julle mis en wens julle alle voorspoed vorentoe.

Isabel de Fouw.

Soos wat Isabel in haar brief aan die gemeente skrywe, was daar ‘n baie goeie verhouding tussen Blink Dance Studio en NG Kerk Mindalore.  Hierdie verhouding was in baie opsigte voordelig vir beide die instansies en is dit ‘n groot verlies vir ons gemeente. 

Heelwat van ons gemeente kinders het by Blink gedans. In die begin jare het Blink ons ook gehelp met die WestRand Car Show deur vertonings te lewer.

Blink Dance Studios het verskeie pryse op Nasionale en Internasionale Kompetisies gewen en was ook ‘n keer of wat oorsee om internasionaal te gaan deelneem.

Die verhuring van die saal aan Blink Dance Studio het ook bygedra tot die finansiële welstand van ons gemeente.

Ons gemeente wens Isabel en haar span alle voorspoed toe vir die toekoms! Ons gaan julle baie mis.  Tot die pastorie honde gaan al die vriendelike kinders en afrigters mis.

Voel Goed Plasings

n Vrou se Gebed
Raad Vir Ons Elkeen
Psalm 23
Gaan Dan Heen
Kuier Konsert – 2013
Jan De Wet tree Op
Plasing No 0337

Leave a Reply

Your email address will not be published.