Boodskap van Ryno Schoeman

HOOF OUDERLING 2012 – 2014

Wat ‘n voorreg was dit gewees om vir twee jaar Leier Ouderling te kon wees vir N G Mindalore en ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir die Kerkraad en die gemeente dankie te se vir hulle hulp en bystand gedurende die tydperk.

Ek was gekies om vir twee jaar opleiding te kry maar weens buitengewone omstandighede, met die afsterwe van Gerhard Kleynhans, was dit vir my nie beskore nie en ek is in die diepkant ingegooi en swem moes ek swem. Die leiding wat ek vanaf Henning gekry het, was fenomenaal en ek het partykeer verwonderd gestaan oor sy kennis en insig. Die Kerkraad se ondersteuning tydens my twee jaar van Leier ouderling word ook hoog op prys gestel.

Ek het met die Kerkraad se toestemming die voorsang begin en tot dusver verloop dit nog goed en is ook goed ontvang deur die gemeente. Daarby saam is die bid beurte in die konsistorie ook aangepas sodat elke kerkraadslid n beurt kan kry om te open Sondag oggende voor die eredienste. Die Kerkraad’s etes was ook goed ondersteun en die lede het dit geniet so ook die Kerkraad’s braai funksies.

Wanneer daar gevra word vir die gemeente om n eetbare gereg te bring vir een of ander geleentheid, het hulle nie geskroom om dit te ondersteun nie en is daar mildelik bygedra.

Ek en Gerbie wil van hierdie geleenheid gebruik maak om die nuwe bestuur baie seënwense toe te bid vir die werk wat hulle gaan doen en dat hulle nederig moet wees met hulle oë op ons Verlosser gerig.

Groete

Ryno

Sien Ook – Kerkraad 2014
Plasing No 0276

Leave a Reply

Your email address will not be published.