Bou U Legkaart

Ons almal ken die uitdrukking “die lewe is soos ‘n legkaart”.   

Ek sien dit so. Elkeen van ons se lewe is ‘n legkaart waarvan God die Skepper en Ontwerper is. Hy weet presies hoe die prentjie lyk. Hy het met sorg al die stukkies in die boks gesit en vir ons gegee om te bou. Elke dag bou ons aan daardie legkaart. Soms vergeet ons bietjie hoe die prentjie lyk en moet ons op die boksie kyk, maar die prentjie is daar.
God se Woord is die prentjie op die boksie.

“U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm.” “Psalm 139 v 13 (NLV)
“Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.” Jesaja 43 v 1b
“Maar aan almal wat Hom aangeneem het, Die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” Johannes 1 v 12
“Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.” Psalm 73 v 26
“Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van die goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die Woord van die Here sy vreugde vind, en dit dag en nag oordink.” – Psalm 1 v 1
“Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is.” Psalm 84 v 5
“As die Here die huis nie bou nie, swoeg die wat daaraan bou ter vergeefs.”  Psalm 127 v 1
“As U by ons is, sal ons dapper veg, want U sal ons aanvallers vertrap.” Psalm 108 v 14 (Die Boodskap)
“My genade is vir jou genoeg.” Psalm 108 v 14 (Die Boodskap)

Daar is baie legkaartstukke wat ons hierby kan voeg.

Lekker legkaart bou met die wete – God is die Skepper en Heerser van ons lewens. Hy het elke stukke sorgvuldig ontwerp en beplan.

Here, dankie dat U die Ontwerper en Skepper van ons lewens is.

Groete

Duimpie

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Wie Dink Jy is Jy?
Psalm 121 – Nader tot God en kyk op
Bid en bly op die smal pad
Wikkel Jou Tone
Boemelaars
Plasing No 0078
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Leave a Reply

Your email address will not be published.