Die Boom

Boodskappe op ons 50ste Verjaarsdag

Die van Julle wat die Feesviering ete bygewoon het sal onthou dat ons die boek van boodskappe rondgestuur het en ook ‘n boompie gehad waar ander boodskappe kon aangeheg word.
Hierdie is die boodskappe op die boom.
Almal het mooi geskryf behalwe een. Sy het verkies om haar boodskap in die vorm van ‘n tekening te stuur. Die hoender was natuurlik op die spyskaart!
Die boodskappe van die kinders is nie geredigeer nie en word gepos soos hulle dit geskryf het – van harte.

Ek is Abigail Odendal gedoop hier in 2008. Het Sondagskool gegaan. Is nou in No Limits en geniet dit baie. (13)

Mindalore 50 – Baie geluk aan hierdie gemeente. Ons het baie seen en genade ontvang. Ds Henning, baie dankie vir jou begrip en leiding. Ek het hier leef en leed deurgemaak maar altyd was jy daar vir ons huis gesin. Met liefde – Tannie Connie en Gesin.

Ek geniet die kerk haar baie.(11) – Nicole Odendal

Baie geseënd om deel te kan wees van die gemeente. – Chantal Gross.

Baie lekker geëet vandag – Jané Gross. (11)

Dit is ‘n groot voorreg om deel te kan wees vir hierdie 50 jaar vieringe. Greater is the one living in me than he who is living in the world. – Adriaan Gross.

Baie lekker gespeel vandag. – Janika Gross. (7)

Die beste gemeente (familie) en die beste Predikant, en ons dank die Here om deel te wees daarvan. – Alwyn en Annemarie Kotze.

Geluk met die 50ste verjaarsdag NG Mindalore, mag die Here ons gemeente groot seën met nog baie vele gelukkige jare. Dis ‘n groot eer om die lappies te doen en deel te wees van so ‘n wonderlike gemeente wat ‘ groot familie is. Mag God ons almal seën – Juanita en Hugo Pitout.

Ons het in 1982 van Port Elizabeth na Krugersdorp getrek (verhuis), Sondagskool en kinderkrans gedoen – baie geniet – Elsie Odendal.
Ek het saam verhuis – Uys Odendal.

Soli Deo Gloria – Vir God, Deur God en altyd in Sy Naam – Anoniem.

Die Here is my lydse man Hy is my vader ek is lief vir hom en is dankebaar vir alles wat hy my gegee het, die kerk het my geleer van Emily van Wielligh.(11)

50 Jaar van seëninge. Die Here is werklik getrou. Glo die gemeente sal nog haar hoogtes bereik. Die gemeente is nie net kerk nie, dit is familie! – Shantelle de Klerk

Wat ‘n wonderlike voorreg om vandag deel te wees van hierdie grootste geleentheid in ons kerk se 50ste verjaarsdag. Al ons dank aan ons Hemelse Vader, aan Hom kom al die eer! Flip en Breetjie Botha.

Ek leer baie by die Sondagskool dit is baie lekker by die kerk – Nishke de Klerk (7)

Mag daar nog baie geseende jare wees vir die kerk. Dankie vir alles – Sandra, Chrissie, Danté, Anay, Christo, Hannetjie, Babsie en Thom.

Dit is ‘n voorreg en ‘n eer om deel te wees van NG Mindalore – Bruce Andrew

Veels geluk met die kerk se 50ste verjaarsdag. Die jeug is altyd awesome met goeie geselskap en vriendskap. Ek is baie lief vir die kerk. Dankie vir al die liefde – Gabriella Pitout.(15)

Mindalore Gemeente – Julle is ‘n gemeente met baie liefde en baie gasvryheid. Eks bevoorreg om deel van julle te wees. Mag God ons nog lank saam bind. Baie seen en liefde vir julle – Gertina Breet.

Op die volgende 50 jaar van liefde, geduld en gelukkige tye saam. Dankie vir die laaste 13 jaar waar ons as gesin kon groei en nader na die Here. Dit is ‘n voorreg om deel te wees van ‘n awesome gemeente – met baie liefde – Arend, Annie, Emily en Kelly von Wielligh.

Ek is so gelukkig omdat die kerk 50 jaar oud is en dat die Sondagskool so lekker is. Die piekniek was ook baie lekker. – Anrico de Klerk (10)

Baie geluk met NG Mindalore se 50ste herdenking. Mag God ons geseënd hou deur die jare wat voorlé. Liefde en seënwense – Petro Millar.

Baie Dankie Heer vir al die genade en seeninge , gesondheid en krag elke dag. Persoonlik het baie beteken. Mag die Heer ons in 2021 net so seën – Vienie Santos.

Liewe Vader, Dankie vir al die seëninge, genade en gesondheid 2020/21  Baie Liefde – Helen McLean

Dankie vir die NG Kerk en Oom Adriaan vir die tipes – Joelene Nordejee

Baie dankie aan die NG Kerk Mindalore – Lenay Nordejee

Dit is ‘n plesier om deel te wees van NG Mindalore Gemeente. Dit voel soos ‘n groot familie – Anoniem

Baie dankie vir 38 jaar van groei binne die gemeente. Baie goeie herinneringe van kinderkrans gee, Kategese en bybelstudie. Mindalore is God se gemeente en Hy sorg dag na dag vir ons. Dankie Heer dat U as gemeente so lief het. – Antoinette

Liewe Gemeente, Alhoewel ek net bietjie meer as ‘n jaar deel is van julle voel ek klaar tuis. Dankie vir die familie wat julle vir my is en ek is hoogs bevoorreg om deel te wees van NG Mindalore – Tiaan Breet.

Namens Odendal Familie wil ons Baie Dankie sê vir al die liefde en omgee in Mindalore NG Kerk gemeente – Seënwense – Die Odendals

NG Mindalore nie net ‘n gemeente maar ‘n familie. Dalk nie 50 jaar deel van die kerk nie maar wel al 23 jaar saam met die gemeente almal familiegeword vir my almal staan saam werk saam prys en loof die Here saam. Dankie vir die gemeente en Henning. – Anoniem.

Wil net dankie sê aan Henning en die gemeente dat julle my met ope arms verwelkom het by julle en die avonture wat ek tot dus ver beleef het. Mag julle nog vir vele jare wat voorlé baie sterk staan. – Quinton Oliver

Uiteindelik is ons almal hier om ons kerk se 50ste verjaarsdag te vier! Wat ‘n wonderlike voorregom deel te wees van so ‘n amazing awesome gemeente! Dankie Henning vir jou herderskap. Ons waardeer jou baie! Alle eer aan ons Abba Vader!! Henry en Poppie

Hallo Happy Birthy Dankie vir alles in die kerk – Kelly von Wielligh (9)

Nog Sielskos vir Die Lewenspad
Kalahari Gebed
Pienk Bladsye
Nuwe Plasings

Plasing No 0092

Leave a Reply

Your email address will not be published.