Die Kerk Vir Vandag

Orals in die media hoor ons dat die kerk moet verander.  Daar is soveel redes wat die geleerdes uitdink om die relevansie van die kerk te probeer verduidelik.  Orals probeer Predikante antwoorde soek hoekom kerke leeg raak. 
Waar het dinge dan verkeerd gegaan?
Het mense dan nie meer vir God nodig in hulle lewens nie? 
Is Godsdiens regtig nog nodig in ‘n kits samelewing waar alles wat nodig is op ‘n kits manier verkry kan word? 


Kits Kos, Kits poeding, Kits doeke, Kits melk, Kitsoplossings vir probleme. Kits Kennis (my vertaling van “Google”), want as jy iets wil weet, gaan Google dit net!
Ek hoor daar is nou kits water ook!  Jy gooi net water by! 

Met al die “kits” in ons lewens wil die hedendaagse mens ook ’n kits God hê wat in ‘n oogwink al hul probleme kan oplos.  As God net ‘n bietjie te lank neem, dan is mense vinnig om te sê dat daar nie ‘n God is nie.

 Ons het ook die “Hire and Fire” godsdiens, begin vervolmaak.  As ek nie tevrede is met die kerk waaraan ek behoort nie, dan loop ek net eenvoudig en soek ’n ander kerk.  As die Predikant nie preek soos ek wil hê hy moet preek nie en as hy nie optree soos ek van hom verwag om op te tree nie, dan soek ek ’n ander Predikant. 

So “hire en fire” ons vir God ook, want as Hy nie doen wat ek wil hê nie, dan is daar baie ander gode wat tog maar net te bly sal wees om my as volgeling te verwelkom.

Om ’n kind van God te wees in nie ‘n kits geleentheid nie! Dit is harde werk en verg uithouvermoë.

God laat Hom nie “Hire of Fire” nie.
Die mens sê ”Wys my, en ek vertrou jou.” 
God sê “Vertrou My en Ek wys jou!”

Liefde Groete

Henning

Sien Ook
Eensaam
Vertrou My, My Seun
God Is Altyd Daar
Plasing No 0205

Leave a Reply

Your email address will not be published.