Die Skild van Geloof

My liewe Boeties en Sussies.
Ons is almal wel bekend met Efesiërs 6 vers 13 tot 20 ( die Christen se wapenrusting ). Ek wil egter nie oor die hele wapenrusting met julle gesels nie, maar oor die skild van geloof. ‘n Skild is ‘n effens gebuigde skyf van hout, metaal, leer of wat ookal jy verkies om jou mee te beskerm teen die vyand.

Efesiërs 6 v 16 in die Boodskap stel dit so : “Dan is daar nog jou geloof. Die intieme verhouding met die Here moet soos ‘n skild wees waarmee jy al die giftige aanvalle van die bose keer en eenkant toe slaan.“
The Blackaby Study Bible Ephesians 6 v 16: “Above all, taking the shield of faith with which you will be able to quench all the fiery darts of the wicked one.“
Of ons dit nou wil weet of nie, ons is daagliks in ‘n oorlog teen die bose besig. Ek praat nou nie van mense nie. Ons stryd is nie teen mense, maar teen die onsigbare geestelike magte van satan. Jou siel is in konflik met die magte van die bose.

Een ding moet julle onthou : Ons God is Lig. Volgens Johannes 1 v 4 tot 5 : “In Hom was daar lewe, en die lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.“ Jy kan nou vir my sê dat die skild nie oral kan keer nie, en dit is waar dit keer nie van agter nie. Dis waar die gemeenskap van gelowiges inkom. Saam kan ons elkeen ‘n groot verskil maak. Ons moet leer om ons skilde van geloof in formasie te gebruik en sodoende uitoorlê ons nie net die vyand nie, maar beskerm ons mekaar, want ONS STAAN SAAM teen die aanval en die vyand kan nie die formasie binnedring nie.

Die pyle of wat hul ook op ons afstuur het geen effek nie. Dis soos in die rolprent “Gladiator“, waar die soldate ‘n soort van “boks “om hul gevorm het met die skilde. Hulle was van voor, van agter, links, regs en bo bedek, terwyl hul voorgebeur het en die vyand verdryf het.

Laat ons dan ons geloof as skild gebruik as kinders van God Drieenig ons Sy vaandel. Laat Hy deur ons geloof in Hom, ons aanvoerder wees in ons daaglikse stryd teen satan. Moet nie jou verhouding met God laat slap lê nie. Sonder ‘n verhouding is daar geen vaste geloof nie, geen skild nie.

Alleen kan een skild nie so groot inpak hê as ‘n klomp skilde in formasie nie. Neem jou skild op en kom staan skouer aan skouer saam as soldate van Christus . Hy wat die ware Ruiter op die wit perd is deur wie ons MEER as oorwinnaars is. Openbaring 19 v 11 : “Daar was ‘n wit perd, Sy Ruiter word die Getroue en betroubare genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog.
Here, help ons om nooit ons skild van geloof te laat val nie. Leer ons as Gemeente om dit in die regte formasie te gebruik om die onsienlike magte van satan te oorwin.
Amen.
Groete,
Duimpie. Januarie 2019

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Geloofsvolharding – deel 2
Geloofsvolharding – deel 3
Die Geel Roeibootjie
Plasing No 0039
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Fotoakkreditasie
Tibetaanse Skild – Metropolitan Museum of Art, New York (CCO)
Romeinse ruiter met perd en skild – Valkhof Museum, Nijmegen, Nederland (CC by SA 3.0)
Leer Skild – Jamain, (CC BY-SA 4.0)


			

Leave a Reply

Your email address will not be published.