Die Tien Gebooie

Tydens die afgelope jeugkamp het ons meer geleer oor die tien gebooie. Dit was baie leersaam en die Tien Gebooie het sommer weer nuwe betekenis gekry. Dit het my laat dink hoe kan ons dit nog eenvoudiger vir die kinders maak. Met my “surfing” op die internet het op toe op die oulike weergawe afgekom wat dit maklik verstaanbaar vir kinders sal maak:

   Moses het sy goed uitgepak en besluit om op die berg te klim om met God te gaan praat.  Dit was nie maklik vir Moses nie, want hy was al 80 jaar oud, onthou! 

   God het geweet dat Moses met Hom sou kom praat, so toe vertel Hy hom om die Israeliete te waarsku om gereed te maak.  Moses het weer afgestap by die berg om die mense te vertel om solank te gaan bad en skoon klere aan te trek.  Deur dit te doen, het die mense hulle gereed gemaak om God se belangrike woorde te hoor. Dit is hoekom ons ook Sondae dikwels mooi aantrek en seker maak ons klere is skoon vir kerk!  Dit laat ons hopelik bietjie soeter en minder woelig wees en wys dat ons respek het vir God!

Op die derde oggend nadat Moses met God gepraat het, was die Israeliete besig om ontbyt te maak toe daar skielik ‘n groot geraas en helder lig van die berg af kom.  Die wat nog geslaap het, was dadelik wakker en nuuskierig!


Almal het uitgestap om te gaan kyk en net anderkant die berg was daar weerlig en donderweer, en ‘n dik wolk het oor die berg gehang sodat mens nie die punt kon sien nie.  Die berg het selfs geskud en die geluid van trompette het al hoe harder en harder geword. Toe gaan Moses weer op met die berg om te hoor wat God wou se.  Hierdie keer het God vir Moses gese: “Gaan af na die mense toe en vertel hulle dat hulle nie agter jou by die berg moet opkom nie, die berg is ‘n spesiale plek omdat Ek hier is.”  Toe gaan Moses weer af om die mense te waarsku om nie op die berg te klim of daaraan te raak of naby te gaan nie.

   Daarna, moes Moses weer by die berg opklim, terug na God toe.  Teen hierdie tyd was hy al baie moeg!  Hierdie keer het vir ‘n baie lang tyd op die berg gebly (40 dae en 40 nagte!) – God het seker baie gehad om vir hom te sê!  God wou vir Moses vertel hoe moet die mense op die aarde lewe.  Deur sy reels te volg, sou hulle minder hartseer en baklei op die aarde hê.  God wou hulle net beskerm.

   Net soos wanneer ons ouers vir ons reëls gee om ons te beskerm, nê – kyk altwee kante voordat jy oor die pad gaan, moenie jou boetie of sussie slaan nie… hulle gee vir ons reëls omdat hulle vir ons lief is en weet wat is die beste vir ons.

   Ons gaan net oor die tien gebooie praat wat God vir Moses vertel het, anders gaan ons ook hier sit vir 40 dae en daar is nie tyd vir dit nie!  In elk geval is die tien gebooie die belangrikste vir ons om te onthou.  En ons sal tog nooit ALLES kan onthou wat God vir Moses vertel het nie!  Elkeen van hierdie tien gebooie is ewe belangrik.

1.

Die eerste gebod is om God eerste te plaas. Dit beteken dat niks belangriker as God moet wees nie – nie ‘n stokperdjie of televisie of speletjie of maatjies of selfs familie nie.  God is die belangrikste!

2.

   Die tweede gebod is om  net vir God te dien. Net soos met die eerste gebod wil God hê ons moet vir Hom lief wees, al kan ons Hom nie sien nie.  Hy wil nie hê ons moet voor ander beelde buig nie, maar net vir Hom bid.

3.

Die derde gebod is om respek vir God se Naam te he. Baie mense praat lelik en gebruik God se naam op ‘n lelike manier as hulle kwaad is.  Dit maak sy hart baie seer.  As ons met God praat, moet ons op ‘n mooi manier van Hom praat sodat ander mense ook vir Hom kan lief wees soos ons vir Hom lief is.

4.

Die vierde gebod is om God se Dag te heilig. Dit is mos Sondag!  God wil he dat ons een dag in die week moet rus.  Nadat God die aarde in ses dae gemaak het, het Hy op die sewende dag gerus.  Dit is moeilik as mens ouer en besiger raak, maar God wil hê dat ons op hierdie dag ook moet rus en saam met hom moet kuier in sy kerk. 

Hierdie lysie lyk seker onmoontlik om altyd na te kom, en dis waar – ons kom dit nie altyd na nie!  Ook nie pappa en mamma en die juffrou nie.  Dit is hoekom ons moet bid, elke dag, vir God en Hom moet vra om ons te vergewe en ons beste te doen en nie weer die verkeerde goed doen nie.

Volgende maand gaan ons aan met die ander gebooie

Groete,   

Oom Jan

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Die Tien Gebooie – A
Jonk Maar ‘n Voorbeeld
Aanslag op die jeug
Ek Wil Die Here Loof – Psalm 103
Hoekom Glo Jy in God?
Ek en My Huis
Ek, Sowel As My Huis, Sal God Dien
Plasing No 0274

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *