Dissipline

Dissipline….. Dis iets waarvan almal behoort te weet en wat dit beteken, maar waar dit in vandag se tye nie meer beoefen word nie. Dissipline by die huis en skole kan baie oor gepraat word, maar dis nie waaroor ek nou wil gesels nie, want daar is soveel opinies oor die onderwerp as wat daar mense is. Ek wil eerder gesels oor dissipline in die kerk. Ja, almal het hieroor hul eie opinie, MAAR ek wil graag met julle gesels vanuit ‘n Bybelse oogpunt.

Net soos die kerk Bybelse beginsels gebruik om mense toe te laat om belydende lidmate te word, net so moet die kerk ook Bybelse beginsels toepas om lidmate te dissiplineer. Jesus het vir ons beginsels voorgeskryf wat Christene verantwoordelik maak vir mekaar se gedrag. Dit vind ons in Matt 18:15-17. 15“As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. 16Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word. 17En as hy na hulle nie luister nie, sê dit vir die gemeente. As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy hom as ‘n heiden en ‘n tollenaar behandel
.Hoekom is dissipline of tug nodig in die kerk? Wel, die doel is sesvoudig …….

Om God te verheerlik (Matt 18:15-17, Rom 16:17, 1 Tim 5:20)
Om skuldiges weer op te rig (Matt 18:15)
Om die kerk en sy sakramente suiwer te hou (1 Kor 5:6-8 & 11:27)
Om Christus se eer, integriteit te verdedig deur by ons geloof se beginsels te hou (2 Kor 2:9 en 17)
Om as afskrikmiddel ander te weerhou van sonde (1 Tim 5:20)
Om te verhoed dat God se toorn kan ontvlam teen ‘n kerk of gemeente (Open 2:14-25)

As dit die doel van dissipline is, is daar dan ‘n Bybelse prosedure wat kan dien as riglyn vir dissipline? Heel eenvoudig, JA. Die Bybel is immers ons “GPS”, ons riglyn vir alledaagse lewe waarvolgens elke Christen sy / haar lewe behoort in te rig. Die prosedure vind ons in Matt 18:15-17. Ek gaan dit vers-vir-vers baie kortliks bespreek om die kerngedagtes vas te vang.

Matt 18:15a “As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is.”
Hier is ‘n openlike gemeenskap nodig om openlik met mekaar te kan gesels.
Moet eerlik oor verskille, tekortkomings en sonde kan gesels.
Moet liefs privaat hanteer word. (inwin van inligting en om te leer sodat daar nie geskinder word nie)

Matt 18:15b “As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen.

Klem is op LUISTER. As jy deur mede lidmaat genader word het JY die VERANTWOORDLIKHEID OM TE LUISTER!
Moenie aanvallerig word om jouself te probeer verdedig nie. LUISTER wat die mede lidmaat te sê het. Maak seker hy weet jy luister.
Matt 18:16a “Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam,”

Slegs as vorige stap misluk het dan moet jy 2 of 3 getuies betrek.
Dis om nuwe objektiwiteit by die saak te betrek. God mag dalk iets anders aan die persoon(e) openbaar wat kan help.
Weereens is luister belangrik. Wend ‘n poging aan om te verstaan.
Om dit in ‘n groep dit te doen kan “scary” wees, MAAR dit verbeter beslis jou vlak van aandag.
Dit mag dalk nodig wees vir ‘n paar besoeke want die pad na herstel verg baie moeite.
Matt 18:17a “En as hy nie luister nie, sê dit vir die gemeente.”

Hier moet met nodige kuturele sensitiwiteit opgetree word.
Leraar en ouderlinge moet betrek word. Hulle moet met 2 “hande” die saak hanteer. Een hand uitgestrek in genade en die ander om te hou by God’s Woord se onveranderlike standaarde.

Matt 18:17b “As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy hom as ‘n heiden en ‘n tollenaar behandel.”
Behandel die persoon as ‘n ongelowige omdat hyself die pad van ‘n ongelowige verkies.Moenie verder teenoor die persoon optree as iemand wat tot die liggaam van Christus behoort nie. Bearbei hom/haar as ‘n ongelowige.
Die doel van die aksie is om die siel weer met Jesus te herenig en om hom/haar weer ‘n aktiewe lid van die liggaam van Christus te maak na hy /sy tot inkeer gekom het.

Ek is seker julle almal saamstem dat kerk dissipline ‘n moeilike en teer sakie is en dat dit baie moed verg. Weet net dit is ‘n Bybelse beginsel wat deur Jesus self aan ons gegee is om toe te pas. Dissipline is ook nodig sodat kerk lidmate kan weet hulle kan op die kerk vertrou om te alle tye konsekwent en deursigtig op te tree.

Die doel van die artikel is NIE om ‘n heksejag van stapel te stuur nie, maar om almal bewus te maak van kerk dissipline en waar dit vandaan kom en hoe ons dit behoort toe te pas. Die NG Kerk se tug of dissipline is ook geskoei op die beginsels van Mattheus 18.

GLO JY GENOEG OM IN LIEFDE OP TE TREE

Sien Ook

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Raak sentimentiel oor mekaar
Geloofsvolharding – deel 4
Persoonlike Getuienis – Deel Twee
Ek Weet Nie Meer wat die Waarheid is nie
Plasing No 0193
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Foto Danksy Dimitri Wittmann

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *