Doen wat ek jou vra

Ek hoor nou die dag ‘n ouer vir haar kind sê : “ Doen wat ek jou vra.“ God verwag ook van ons om te doen wat Hy vra. Doen ons dit of volg ons ons eie koppe? Wat beteken gehoorsaamheid? Dis om iemand se leiding te aanvaar, om te doen wat van jou verlang word. Ons sing byna elke Sondag “Gaan dan heen” en die lied sê ook “gaan doen wat Ek jou vra”

Jesaja 48 v 17b : “ Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad wat jy moet loop.”

Psalm 119 v 56 – 57 “Om U bevele uit te voer, is my lewe. Ek het gesê Dit is my lewe, Here om U woord te gehoorsaam.”

God het elkeen van ons baie spesiaal gemaak. Hy het ons na Sy beeld gemaak. As ons Hom ons Vader noem het ons nie ‘n keuse as om Hom te gehoorsaam. Psalm 119 v 73 “Met U eie hande het U my gemaak, gevorm; gee my insig, dat ek U gebooie verstaan.“

   Daar kom tye wat dit moeilik gaan. Selfs Jesus het ‘n bitter beker gehad om te drink maar ook Hy wat Seun van God is, was gehoorsaam aan Sy Vader.   Hy het ook gevra dat die beker moet verby gaan maar Hy het God se wil gesoek. Ons vind God se wil in Sy Lewende Woord.

Psalm 119 v 103: “Hoe aangenaam is U woord, soeter as heuning in die mond.”

My liewe boetie en sussie, ek daag jou uit om bietjie meer rustig te word en van die heuning van die Lewende Woord te eet.  Vra asseblief vir God om met jou te doen soos

Psalm 119 v 124 sê : “ Handel met my volgens U troue liefde, leer my U voorskrifte. “

 Groete

Duimpie

Nog Sielskos vir Die Lewenspad
Raak sentimentiel oor mekaar
Die Dik Tou Van Geloof
Gehoorsaamheid
Tou Opgooi
Nuwe Plasings

Plasing No 0116

Leave a Reply

Your email address will not be published.