Eensaam

Kan julle glo dis Desember maand. Die maand waarin ons Jesus se geboorte herdenk.
Ek dink dis ook die maand waarin meeste mense onsigbaar voel. Eensaam tussen mense.
Ma is besig met voorbereidings vir Kersfees en Pa is besig om die huis en tuin in orde te bring.
Intussen leef ons verby mekaar en voel dit asof niemand ons raak sien nie.

Ek dink dis hoe Hagar (Sara se slavin wat ‘n seun vir Abraham in die wêreld moes bring) gevoel het.
Sy het net gedoen wat haar eienaar vir haar gesê het en nou word sy weg gejaag, die woestyn in.

Sjoe, ek kan myself nie eers indink hoe sy moes gevoel het nie.  Dink net – nou sê ‘n engel van die Here vir haar sy moet terug gaan na haar eienaar toe! Genesis 16 v 9 – 11 “en die Engel van die Here sê vir haar – ”Gaan terug na jou eienaares toe en onderwerp jou aan haar gesag”.” Verder het die Engel van die Here vir haar gesê ” Ek sal jou nageslag so baie maak dat hulle te veel sal wees om te tel.” En toe sê die Engel van die Here ook nog vir haar ”Kyk, jy is swanger; en jy sal ‘n seun in die wêreld bring. Jy moet hom Ismael noem, want die Here het van jou swaarkry gehoor.”
Ismael beteken God hoor. 
Hagar was baie verlig want sy het gevoel dat sy raakgesien is, meer nog dat sy deur God raakgesien is.
Genesis 16 v 13 tot 14 “Hagar het toe die naam van die Here wat met haar gepraat het, aangeroep en gesê ”U is ‘n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het. Daarom word die fontein genome Lagai-Roi-fontein. Dit beteken van Hom wat lewe en my sien”.”

My liewe Boetie en Sussie, Weet een ding – voel jy soms jy word nie raakgesien of waardeer nie. God sien en God hoor. Jy is nooit alleen nie en God hoor wanneer jy Hom aanroep. God is ons bron van krag. Hy is ons bron van genesing. Hy is ons vesting. Hy sien ons tekortkominge raak, maar dit skrik Hom nie af nie. Hy is teenwoordig. Hy sien wat jy nodig het en kom Sy beloftes aan jou na. God is GETROU!

Anoniem sê : “Bly wag by God se beloftes totdat hy jou daar ontmoet. Hy gaan nooit terug op Sy beloftes nie, maar Hy kom wel terug na hulle toe.”

Hou moed. God sien jou raak.

Mag elkeen van julle hierdie Desember God se nabyheid op ‘n baie besondere manier ervaar.

Lekker wag!!!

Duimpie

Nog Sielskos vir Die Lewens Pad
Wipwaentjie
Die kerk Vir Vandag
Job
Plasing No 0149

NG Mindaloe, Richardson Laan 32, Mindalore, 1739

Leave a Reply

Your email address will not be published.