Geduld Bring Sekerheid

Die mens is van natuur voortvaarend en impulsief. Ons storm in ’n situasie in en maak oorhaastige beslissings wat ons later berou. Dan wens ons dat ons meer tyd aan ons besluit bestee en dit ernstiger oorweeg het. Onvermydelik moet ons dan met skaamte erken dat ons ’n fout gemaak het.

Sommige beslissings kan verreikende gevolge op ons eie en ander mense se lewe hê. 

Deur jou oorhaastige optrede kan jy mense seermaak, misverstand veroorsaak en jouself ernstig benadeel. Moet nooit skroom om elke handeling wat jy uitvoer, in gebed aan die Here op te dra nie. Laat die saak gelowig in Sy hande totdat Hy, volgens Sy eie volmaakte tydsberekening, aan jou die leiding gee wat jy nodig het. Voordat jy enige belangrike besluit neem, maak daarvan ’n gebedsaak en wag dan op die influistering van die Heilige Gees.

Dit mag soms voel of die Here jou nie antwoord nie en dan raak ons mismoedig maar Hy sal jou lei op die pad wat Christus vir jou beplan het. Sodoende sal jy nooit daaraan twyfel dat die beslissing wat jy maak die regte een is nie, want jy weet jy bewandel die pad wat die Here vir jou uitgestippel het.

So hoe neem jy jou besluite?

Psalm 27:14  “Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!

Liefde groete

Die Ontdekker.

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Psalm 127 – As die Here die huis nie bou nie
Glo en Doen
As Gebou van God verstaan ons Tekens – Matt 16 1-5
Plasing No 0151
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Leave a Reply

Your email address will not be published.