Geloof en Rykdom

Daar is baie mense wat nie daarvan hou om oor geld te praat nie veral nie as dit kom by gee nie. En sodra die dominee iets se van geld “dan wil die kerk alweer bloed uit ’n klip tap”of “Weet hulle dan nie dat ons alklaar nie kop bo water kan hou nie”.  

    Hier is ’n paar Bybelse beginsels.

    Fil 4.19; “My God sal vir julle alles gee wat julle nodig het, want Hy het baie wonderlike dinge wat Hy vir ons wil gee, dinge wat van Christus Jesus kom.”

   In vandag se moeilike ekonomiese tye is dit amper onmoontlik om staat te maak op mense, werk  en ‘n bank balans. Dinge kan so maklik verander, goeie werkers word afbetaal en besighede gaan onder. Mense stel teleur of is korup maar Jesus stel nie teleur nie en Hy wil ons graag seën in oorvloed.

     Maleagi 3:10; “Die Here wat oor alles regeer,se:”Julle moet al julle tiendes na die tempel bring sodat daar kos in my tempel kan wees. Julle moet My toets en kyk of EK julle sal seën. Ek sal die vensters van die Hemel oopmaak en vir julle baie reen gee, meer as genoeg.” Mense stry oor “gee”. Dit staan in die ou testament en het nie betrekking op ons in vandag se lewe nie. Jesus het gekom om dit te verander. Ja, maar die seëninge is nogsteeds daar, God verander nie en Hy sê Toets My hieraan.

     1 Tim 6:10 ”Wanneer mense lief is vir geld, dan doen hulle baie slegte dinge. Mense wat graag baie geld wou hê, het opgehou om in Christus te glo. So het hulle hulleself baie swaar laat kry.” Mense hou daarvan om hierdie teks verkeerd te interpreteer. Geld en rykdom is nie sleg of boos nie maar die liefde daarvan is. Om wêreldse rykdom bo Goddelike rykdom te stel is waarna hier verwys word. God seën Sy kinders met baie, rykdom ingesluit.

    Hand 20:35 “Ek het dit alles gedoen, want ek wou vir julle wys dat ons so moet werk om vir ander mense te help wat swak is”. Ons moet ook onthou wat die Here Jesus self gesê het. Hy het gesê: “As ’n mens vir ander iets gee, dan is jy meer gelukkig as wanneer hulle vir jou iets gee.” Gee maak ons vry terwyl opgaar ons bind. Deur om te gee verander ons die lewe van ander en God bring seëninge terug na ons toe (Luk 6:38)

   Spreuke 22:7 “Ryk mense regeer oor arm mense, en iemand wat geld geleen het, word die slaaf van die persoon by wie hy die geld geleen het.” Daar is vryheid in skuldloosheid!

   2 Kronieke 31:10 …….”Vandat die mense begin het om die offers na die tempel te bring, het ons meer as genoeg om te eet, en daar het baie oorgebly, want die Here het sy volk geseen. Al hierdie hope goed het oorgebly.” Hoe meer die mense geseën word hoe meer kan en wil hulle gee.

Die Here sê Hy sal sorg soos Hy sorg vir die voeltjies in die veld, ons moet net in geloof gee en vertrou dat die Here Jesus onfylbaar is en Sy beloftes staan tot vandag toe nog.

Liefde groete

Die Ontdekker.

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
My Baadjie of My Vriendskap
Leef Uit Jou Gawes
Kalahari Gebed
Job
Plasing No 0147
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Leave a Reply

Your email address will not be published.