Geloofsvolharding – Deel 4

In Augustus het ons begin met reeks oor riglyne vir geloofsvolharding vanuit  Heb 12:1-3, wat opgedeel word in 5 riglyne. Hier is dus die 4de riglyn….

Geloofsvolharding Riglyn 4: Hou aan (deur die krag van die Heilige Gees).

Hardloop met volharding. Die 1933-vertaling gebruik die woordjie – lydsaamheid. Verdra lyding   Bly steeds bewus dat hierdie lewe nie maanskyn en rose is nie, maar stryd teen verval en sonde en gebreke – dan sal ons nie onkant gevang word met swaarkry nie. Dit is nie vreemd in ‘n  gelowiges se lewe nie. En elke goeie dag (elke afdraend in die wedloop) moet jy gebruik om jouself voor te berei om swaarkry (die opdraendes) te kan hanteer. En die wedloop is lank. Jou lewe lank!

Dus maak die beste gebruik van die goeie tye om jou innerlike kragte te versterk. Sorg vir jou geestelike fiksheid. En hou aan. En hou uit. Hou vas aan jou Christelike beginsels. Hou aan om in ‘n verhouding met Christus te lewe. Sorg dat jy groei in heiligmaking. Hou aan lees uit jou Bybel – “die Woord is die lamp wat jou die pad wys!”.    Herinner jouself gedurig aan al die beloftes van die Woord en moenie toelaat dat die teleurstellings van die lewe jou moed breek nie.

   Moenie in selfbejammering moed opgee nie. Hou aan, volhard, doen jou bes en weet dat God sy Heilige Gees aan jou gegee het, om by jou te wees en jou langs hierdie pad te bemoedig en te vertroos.

   En gaan gereeld eredienste toe, hoor die Woord, gebruik die sakramente, want so deel God sy genade uit. Dit gee ons weekliks geestelike energie (soos energizer tydens ‘n maraton!).

   Volgende maand behandel ons Riglyn 5: Fokus op die wenpaal!

Liefde Groete

Oom Jan (Scheepers)

Geloofsvolharding – Deel 1 – Ongelukkig het ons nie ‘n afskrif van deel een nie. Indien ons dit opspoor sal ons dit wel plaas.
Geloofsvolharding – Deel 2
Geloofsvolharding – Deel 3
Geloofsvolharding – Deel 5
Die skild van Geloof
Hoop? Wat is Hoop?


Plasing No 0068

Leave a Reply

Your email address will not be published.