Goue Jeug – Des 2011 – Iets uit Niks

Die Goue Jeug is beslis nie ‘n geleentheid vir agteroorsit en sanik oor oud word nie, nee, hier word ons kreatiwiteit uitgebou, leer ons nuwe dinge en word vriendskapsbande gesmee wat onlosmaaklik is.

  Met ons laaste byeenkoms het Babs Matthysen ons kom leer om uit weggooi goed, iets nuuts te maak om jou huis mee op te vrolik.  Wie het nou gedink dat ‘n stuk polistyrene en klomp lappies ‘n muurbehangsel kan word.  Kuier-kuier word geknip, geplak en gelag.

  Dis altyd lekker by die Goue Jeug, want Minnie Pretorius sorg dat dit interessant bly en na die tyd word daar gekuier om ‘n koppie tee en lekker koek, net soos Mindalore se dames dit kan bak!

Goue Jeug skop Jaar af
Plasing No 0069

Leave a Reply

Your email address will not be published.