Goue Jeug laat waai met pannekoek!

As daar nou iets is waarna mens se innerlike smag in hierdie koue weer,
dan is dit ‘n lekker warm pannekoek!
Die Goue Jeug het besluit om Pannekoek te bak vir fondsinsameling en bestellings
van die Gemeente gekry.
Eers is al die COVID reëls nagekom en almal se temperature is gemeet en is hulle gesaniteer. Gemasker
en reg vir aksie.

Lynette Botha se huis het in ‘n bakkery verander en vinnig het die dames die bestellings al geselsende  begin bak. Elkeen het sy werkie gehad. Bakkers, suiker strooiers, rollers, verpakkers en diegene wat net die samesyn kom geniet het.
Na die bakkery het almal lekker ontspan met ‘n koppie tee of koffie en ‘n eetdingetjie.

Op Donderdag 24 Junie gaan die Goue Jeug Line Dancing in die Kerksaal doen en nooi al die afgetrede manne en paartjies in die gemeente uit om saam te kom kuier en lekker sop te kom eet!

Goue Jeug Skop Jaar Af
Iets uit Niks
Plasing No 0156

Leave a Reply

Your email address will not be published.