Happy Pilletjies

Die Ou Testament is uitgesproke daaroor dat die Christelike lewe ‘n lewe van vreugde en blydksap is:
Psalm 37: 4. “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer”.
Psalm 119:35. “Laat my wandel volgens u gebooie, want daarin vind ek vreugde
Spreuke 8:30 “Ek het my kennis by Hom gekry, ek was elke dag sy vreugde; die hele tyd het ek dit by Hom geniet.
Jesaja 60:15b …”Ek gee blywende roem aan jou, vreugde sonder einde.”

   Die Here Jesus het geen geheim daarvan gemaak dat Hy van Sy volgelinge vreugde verwag het nie.
Lukas 6:23. “Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel”.
Johannes 15:11 “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.”

Selfs Paulus het die vroeë gelowiges opgeroep tot blydskap.
Filippense 4:4 “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!

Maar as jy gedink het dat die vreugde en blydskap van die Christelike lewe ‘n “happy-happy” tipe vreugde is, of ‘n “goosbumpy, Dr. Feelgood ietsie” dan is jy in vir ‘n stewige stuk ontnugtering. Want die Christelike lewe is ook een van beproewing en moeilikheid. Die Here Jesus vermaan sy volgelinge in Johannes 16:13 “In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed Ek het die wêreld klaar oorwin. Sou ons dan die Christelike lewe reg opsom as ons sê dat die ware Christelike lewe is een van pynlike vreugde en blydskap is?

As jy `n ware Christen is beteken dit nie dat God altyd en in alle omstandighede vir jou sal gee wat jy vra nie.
– Dit beteken ook nie dat jy net altyd geluk en voorspoed en genot gaan ontvang nie.
– Dit beteken ook nie dat alles net altyd goed met jou sal gaan nie.

Wat die Christelike lewe wel is, is `n nuwe lewe. ‘n Gelowige is iemand wat weer gebore is. Weer gebore tot `n nuwe lewe.    Jou vreugde word nie meer gedryf deur goeie resultate in hierdie lewe en op hierdie aarde en met aardse middele nie. Die wortel van jou vreugde lê nou op `n nuwe plek. Die eerste bron van vreugde in die Christen se lewe is die feit dat jy ‘n nuwe lewe ontvang het.

Voor ons wedergeboorte het ons gesê “ek sal gelukkig wees wanneer …………..” maar nou as kinders van die Onveilbare God moet ons met oortuiging in ons harte kan sê “Ek sal gelukkig wees” (Punt en Uitroepteken)

   Mag die vrede wat alle verstand tebowe gaan u harte vul (Punt en Uitroepteken)

Liefde groete

Die Ontdekker.

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Pinkster 2021 – Die Heilige Gees
God Hou Sy Woord en Beloftes
Wie is Jou Held
Tyd Saam met God
God se Ritme in Ons Lewe
Die Apie en die Tier
Wat Word Van Die Wereld?
Vier Fees Elke Dag
Plasing No 0309

Leave a Reply

Your email address will not be published.