Hoe Lyk Jou Psalm?

Verlede maand het ons gekyk na 9 verskillende manier hoe mens die Here kan loof en prys. Dit was alles gebaseer op voorbeelde uit die boek Psalms. Nou wil ek dit die maand graag verder neem deur elkeen wat hier lees uit te daag om sy/haar eie Psalm te skryf.

Dis juis wat Sondag aand 18 Augustus 2013 gedoen was met die senior katkisante (Gr 7-10). Anaska O’Reilly het die aand se les behartig. In een van die aktiwiteite het Anaska hulle uitgedaag om as ‘n groep hul eie Psalms te skryf. Eers was dit asof hulle met stomheid geslaan was, maar sodra hulle begin dink het oor waarvoor hulle die Here wil loof het die kreatiwiteit behoorlik gevloei.

Elkeen het ‘n kort sinnetjie gegee oor een ding waarvoor hulle die Here wil loof. In twee groepe het hulle toe die sinne bymekaar gesit sodat dit ‘n Psalm kon vorm. Ek is seker die puriste onder ons sal seker kan redeneer dat daar geen korrekte digterlike vorm te bespeur is nie. Wel, vir my het dit gegaan oor dat dit iets uit die kinders se harte was, en op die einde het hulle tog in hul doel geslaag om ‘n Psalm te kon skryf tot eer van God.

Hieronder is dus die twee Psalms wat geskryf was. Lees dit aandagtig en “sien” wat die kinders sê deur die twee Psalms.

Die eerste Psalm (Psalm Min1) is geskryf deur die volgende kinders in Grade 7, 8 en 10.

Nandi Oosthuizen, Chanté Raubenheimer, Michaela Beukes, Charlize Erasmus, Emmy Van Der Merwe, Christopher O’Reilly en Ruben Erasmus.

Die volgende kinders in graad 9 het geskryf aan die tweede Psalm (Psalm Min 2).

Elrina Marais, Rochelle Blomerus. Jason Lindeque en Sarel Pienaar

Ek is seker almal sal saamstem dat die twee selfgeskrewe Psalms treffend is. Van die jeug se kant wil ek graag die uitdaging aan elke gemeentelid stel. Skryf jou eie Psalm en kom plak dit op die kennisgewing bord in die kerk.  

Groete Jan

 Nog Sielskos vir die Lewensreis
Psalms – 9 Maniere van Aanbidding en Lofprysing
Woestyn Pad
Keuses
Kalahari Gebed
Die Boom
Psalm Min 1
Psalm Min 2
Nuwe Plasings
Plasing No 0217

Leave a Reply

Your email address will not be published.