Jan De Wet Tree Op

Mindalore was bevoorreg om een van Suid-Afrika se bekendste “Gospel”sangers toe kon ontvang.  Jan de Wet het op 22 Julie ons as gemeente kom seën met ‘n wonderlike sangbediening en boodskap.  Jan is glad nie ‘n man wat met sy naam op sy skouers rondloop nie en het baie vinnig tuis gevoel in Mindalore – hoe dan nou anders?

Hy is ‘n man met ‘n brandende passie vir kinders en dit was duidelik dat sy ouderdom hom nie keer om met die kindertjies te gesels en saam met hulle te hop en spring nie.  Hy is werklik ‘n vergestalting van Jesus se woorde van “Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie.”  Hy het ook vir ons as volwassenes weer laat besef dat ons die verlede moet agterlaat en dat ons op God moet fokus!

Moenie leef net om bymekaar te maak en later weer weg te gee nie, LEEF elke dag vir God!!!

Dr. Havinga Sing
Afvalpapier Insameling
Rubrieke Artikels end Leesstof
Belangrike Telefoon Nommers
Plasing No 0137

Leave a Reply

Your email address will not be published.