Jesus Alleen

Sluit die sondaar se gebed in

Dit is so hartseer om te sien hoe mense van ander gelowe rond skarrel. Probeer dinge en dade doen om hul gode gelukkig te hou, hardloop so agter die tradisies van hul geloof aan dat hulle op niks anders kan fokus nie.
Die Bybel stel dit reguit – Net deur Jesus kan jy gered word.

Hand 4:12 – “Hy (Jesus) bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos [gered] moet word nie”.

Jesaja 43:11 – “Ek, Ek is die Here, buiten My is daar geen redder nie.”

Johannes 14:6 – “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.  Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie”.

Nie moeder Maria, heiliges of standbeeldjies gaan vir jou ’n pad oopmaak Hemel toe nie. So, hoe kan jy jou weg na God toe vind?

Erken dat jy ‘n sondaar is – Rom 3:23 – “Almal het gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie.”

Kom na God deur Jesus Christus –

1 Tim 2:5 – “Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar [tusenganger] tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.”

Bekeer jou van jou sondes – Hand 3:19 – “Daarom bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis.”

Bely jou sondes aan Jesus – 1 Joh 1:9 – “Maar as ons ons sondes bely [vertel of erken] -Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes…”

Laat staan jou sondes – Spreuke 28:13 – “Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien [laat staan], sal genade ontvang.”

Glo in Jesus Christus – Rom 10:9 – “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.”

Nooi Jesus in jou hart en lewe – Open 3:20 – “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.”

God se ewige belofte; Joh 1:12 – “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”

   As jy nog nie U hart vir die Here gegee het nie of weet nie eintlik hoe nie, is nou ’n gulde geleentheid. Die Here ken jou en verwag nie ’n groot “Smoke and Mirror show” met die regte hóógere geleerde woorde nie.

       Jy kan hierdie gebed opreg bid om Jesus in jou hart in te nooi: 

Here Jesus, dankie dat U aan die kruis gesterf het om my sonde weg te neem. Ek is jammer oor al die verkeerde dinge wat ek gedoen het.  Ek vra U om asseblief in my hart te kom en vir altyd in my hart te bly. Ek vertrou U dat U nou my sonde vergewe het.   Ek aanvaar U as my eie Redder en Here.. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Weet verseker dat jy die ewige lewe het. 1 Joh 5:11 & 12 – “… God het ons die ewige lewe gegee, en die lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe…”. Volg Jesus in gehoorsaamheid tot die einde toe onder leiding van die Heilige Gees van God.  Bly in Hom en Hy sal in jou bly deur Sy Gees. Jy word weergebore deur die Heilige Gees wat in jou woon.

Rom 8:9 – “Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle. As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie.”

1 Joh 5:20 (b) – “Hy (Jesus) is die waaragtige God en die ewige lewe.”    Bely Jesus voor die mense en Hy sal jou bely voor die Vader.

Welkom in die Familie liewe boetie en sussie. Volgende keer kyk ons na “Hoe nou verder?”  

Liefde groete

Die Ontdekker

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Ek Wil Die Here Loof
Geloofsvolharding – deel 5
Persoonlike Getuienis – Deel Een
God Se Vyf Vinger Plan
Skuldgevoelens En Vergifnis – Deel 1
Vergifnis
Plasing No 0224

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *