Jou Denke Bepaal Wie Jy Is

Ons almal sit met die probleem dat ons dikwels twyfel, soms onseker is of ons regtig God se kinders is. Ons maak foute, verloor ons humeur, ons is liefdeloos, se verkeerde dinge, ons sukkel met vergifnis, ons begeer, ons kyk neer op mense, ons raak kwaad.

   Vir ons is dit nodig om te hoor dat die evangelie ‘n baie groot geheimenis aan ons bevestig: Dat ek en jy op ‘n geheimenisvolle en mistieke wyse saam met Christus gesterf het en ook opgestaan het. Dat ons ‘n nuwe lewe ontvang. Dat ons elke dag nuut kan begin, dat ons die ou dinge moet afle, want ons het ‘n nuwe natuur van God ontvang. Ons is koninkryksmense wat in geloof ons oë gerig moet hou op die ewige lewe.

    Daar is ‘n baie ou waarheid: “Dit wat jy van jouself dink, dit is wat jy word.”

    Die gedagtes wat jy koester en oor en oor herhaal in jou kop, dit is hoe jy word. As jy heeltyd dink: “Ek is nie goed genoeg nie, ek is dom, ek kan nie Wiskunde doen nie, mense hou nie van my nie, ek kan nie voor mense praat nie, ek kan nie voor mense lees nie. Ek is nie mooi nie. Mense hou nie van my nie”, so sal dit wees.

   Die punt is: Die manier waarop jy oor jouself dink, bepaal jou lewe.
   As ek sê: “Ek is nie ‘n slim nie.” Gaan ek volgende jaar studeer? Nee!
   As ek sê: “Ek sal my nie laat onderkry deur mislukking nie. Gaan ek weer probeer?

Die evangelie wil jou help om jou gedagtes oor jouself in jou kop te verander. Jy moet oor jouself begin dink soos God oor jou dink!
Paulus sê: Hou op met julle negatiewe gedagtes oor julleself.
Hou op dink jy is nie goed genoeg vir God nie.
Hou op om te dink God kan jou nie gebruik nie.

Hy leer vir die Christene in Kolossense in Kol.2:20: “Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die eerste beginsels van hierdie wêreld.”

Op grond hiervan skryf Paulus dan in Kol. 3:5: “Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle is.”

Kom ons kyk na wat die aardse dinge is. Paulus sê in die teks dit is seksuele losbandigheid en gierigheid. Dit is deel van die ou mens, die aardse mens.  Paulus is nie teen seksualiteit nie. Seksualiteit is ‘n wonderlike gawe van God. Ons is almal seksuele wesens. Paulus praat van seksuele losbandigheid. Hy beskryf dit as onsedelikheid, onreinheid, wellus en slegte begeertes. Ons ou mens is saam met Christus gekruisig en aardse dinge soos seksuele losbandigheid en gierigheid na materiële dinge hoort nie meer by ons nie. Ons is nou nuwe mense in Jesus Christus. Ons sien nou dieper as die materiële en die aardse en die liggaamlike. Ons sien die geestelike waarhede van die lewe raak. Ons sien

dieper. Verby die materiële. Verby die aardse. Daar is ‘n verskil tussen ons, ons is geestelik, en mense wat net die aardse, materiële raaksien.

So kom ons begin hierdie nuwe jaar as Nuwe mense in Christus soos Paulus ons geleer het. 

Mag u en u gesin n baie geseënde 2014 saam met ons Vader ervaar. 

Liefde groete

 Die Ontdekker
Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Psalm 127 – As die Here die huis nie bou nie
Hoe Lyk Jou Psalm
Raad Vir Elkeen
You Got The Vision
Ons Weet Wie Jesus Is
Ons Word Dopgehou
Plasing No 0254

Leave a Reply

Your email address will not be published.