Jubelfees – 2013

WestRand Car Show

Watter stalletjie is die kerk sin, ek wil julle graag ondersteun!”
“Baie dankie,” antwoord ek, “maar alles wat jy hier sien het die kerk gereël, jy kan by enige stalletjie koop!”  Die verbasing op die persoon se gesig het boekdele geskryf!

Mindalore is nie ‘n klein katjie wat jy sonder handskoene aanpak nie, wanneer ons ‘n fees reël, dan gaan ons groot!  Hierdie jaar se Jubelfees was weereens ‘n bewys van Mindalore se lidmate wat almal saam help om hierdie wa deur die drif te kry.

  Op 31 Augustus was daar 118 voertuie wat kom deelneem het aan die WestRand Car Show. Daar was perde vertonings en Honde en kinders wat kom sing en dans en gimnastiek gedoen het. Voorwaar ‘n fees vanuit die boonste gestoeltes!

  ‘n Mens kyk nie ‘n gegewe perd in die bek nie en daarom is Mindalore se lidmate ‘n voël van eenderse vere! Ons kan werk en ons almal werk hard saam. Ongeveer 50% van ons lidmate het gehelp werk, so ‘n gemeente skop jy nie sommer onder enige emmer uit nie!

   Die Jubelfees was verskriklik lekker en die gees onder die mense was so positief en opgeruimd! Ons kan nie anders as om te sê “Loof die Here, aan Sy liefde is daar geen einde nie!”

Dankie vir elkeen wat skouer aan die wiel gesit het!

Mindalore is TOPS

Liefde

Hennie

Vorige WestRand Car Shows en ander belangrike skakels

Jubelfees – WestRand Car Show – 2012
Jubelfees – WestRand Car Show – 2011
Nuwe Plasings
Pienk Bladsye
Rubrieke en Artikels
Dagboek
Plasing No 0221

Leave a Reply

Your email address will not be published.