JUBELFEES – 2011

Westrand Car Show – 2011

Op 27 Augustus 2011 was die skoolgronde van Dr Havinga ‘n miernes van bedrywighede soos net NG Kerk Mindalore dit kan doen! Van vroegdag af is daar gazebo’s opgeslaan, tafels rondgedra en bestandele begin uitpak! Vroeg reeds het die voertuie begin inskryf vir die jaarlikste “ Jubelfees – Cars in the Park”

Hierdie jaar was dit ‘n geleentheid waarop NG Kerk Mindalore baie trots is! Ons het ‘n rekord inskrywing van motors gehad, 104 om presies te wees! Die oudste motortjie was ’n 1930/1 Model A Ford en een van die nuutstes was ’n Ultra moderne Ultima!

   Vir die kinders was daar ook baie om te doen. Ponie ritte, treintjie, mallemeule en sprinkastele!

   Die dames van die gemeente het weer hard gebak en gebrou om die tafels te laat kreun van al die lekkernye, poedings, koeke, terte en sweeties!! Die tombola tafel was die jaar meer ’n snuistery winkeltjie as sommer net ‘n kermis tafel!

   Die kos was weereens ‘n wenner met Jafels, Kerrie en Rys, Vetkoek en mince, worsbroodjies, Pap en wors Pannekoek, springmielies. Daar was genoeg om van te kies en weer te kies!    Mindalore se mense WEET hoe om lekker hard saam te werk en dan aan die einde van die dag al die eer aan die Here te gee!

   Die Babakompetisie was ‘n reuse sukses. Aanvanklik was daar net 7 inskrywings, maar skielik daag daar 44 ouers met hul kindertjies op om deel te wees van die kompetiesie! Andre, Alta en helpers moes bont staan om al die kindertjies te organiseer! 

  Die SAPD het weer die dag opgevrolik met hulle honde vertoning, veral om daardie 28kg koeëlvaste baadjie elke dag te dra!
Clive Bruce was die gaskunstenaar van die dag en het weer die heimweë laat terugkom toe hy al daardie ou bekende liedjies gesing het!

  ‘n Groot aanwins elke jaar met die Jubelfees is natuurlik die Pittbulls! Dis fenominale honde wat uithouvermoeë aanbetref. Die honde wat die dag deel was van die vertoning, kom van Heidelberg en Vereeniging af. Die eienaars het vêr gery om deel te wees van die sukses van die dag!

  Sterretjie kleuterskool se Trompoppies het eewe kordaat hulle danspassies uitgevoer met hul oë heeltyd op die Juffrou gerig wat vir hulle die bewegings gewys het.

  ‘n Groot oomblik was natuurlik die trekking van die pryse! Geluk an Andre Manders wat die Televisie gewen het, Tannie Hannetjie de Jager met die IPod en Brandon Storehouse wat die GPS gewen het! Geniet julle pryse!

   Die totale inkomste van die Jubelfees tot en met einde Augustus het R54 484.00 beloop en die uitgawes was R20380.00.  Die wins vir die Jubelfees was dus R34 104.00.    Daar was gedurende September nog ‘n paar rand se inkomstes wat bygereken moet word!

  Baie dankie vir ELKEEN wat deel was van die Jubelfees, dit was werklik ‘n gemeente poging!  Dankie vir al ons borge vir hul ondersteuning.

LOOF DIE HERE, HY IS GOED, AAN SY LIEFDE IS DAAR GEEN EINDE NIE!

In 2011 was die karskou bekend as Jubelfees – Cars in the Park maar dit was later verander na WestRand Car Show

WestRand Car Show 2012
Plasing No 0053

Leave a Reply

Your email address will not be published.