Kan julle glo!

Dis sowaar alweer ‘n nuwe jaar. Dalk begin jy vanjaar jou hoërskool of jou universiteits loopbaan. Wat ookal die jaar 2012 vir jou uniek maak glo ek dat daar ‘n mate van onsekerheid is wat jou maag laat draai. Die effense benoudgeid is heeltemal OK, solank dit positief van aard is. Hiermee bedoel ek net dat as jy onsekerheid en afwagting reg hanteer dit tot jou voordeel sal wees. Die meeste mense pak nuwe uitdagings versigtig aan en soos jou vertroue toeneem so neem jou momentum toe, totdat jy eendag terugkyk en wonder hoekom jy ooit so onseker of selfs bang was.

Net so is ons met ons geloofslewe. Die oomblik as jy bewus word van ‘n nuwe rigting wat God vir jou beplan, slaan jy kwaai rem aan en begin jy onmiddelik twyfel. Twyfel of jy reg gehoor het en selfs twyfel in jouself en jou vermoëns. Wat ek al deur die jare geleer het is dat God se tydsberekening perfek is en dat Hy jou kan en sal gebruik. Jy moet net op Hom vertrou en die uitdaging aanvaar.
Hy weet immers presies wat hy vir jou beplan het.

Daarom is dit belangrik om baie na aan Hom te leef. Elke besluit, elke onsekerheid moet jy aan Sy voete gaan neerlê in gebed. God sal jou wel spoedig antwoord wat beteken jy kan sonder enige vrees voortgaan want jy tree op binne Sy wil.

 Mag 2012 ‘n besonderse jaar op skool, Universiteit, werk of besigheid wees. Besonders omdat jy daagliks God se leiding soek in alles wat jy aanpak. Vertrou dus op God en beleef sy seëninge, nie net vir 2012 nie, maar dwarsdeur jou lewe. Hardloop die wedloop met ywer en “vasbyt”.
Hou jou oog gefokus op die wenpaal en Jesus, luister na die aanmoedigings en voorbeelde van ander Christene om jou. Jesus wag vir jou by die wenpaal oor Hy alreeds die wedloop suksesvol voltooi het.(Hebr 12)

Sit alles in en jy sal beloon word.

Seënwense vir die nuwe jaar, 2012, en mag elkeen van julle elke dag meer-en-meer van God se grootheid en majesteit beleef soos wat jul drome waar word.  

“Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” Mat24:13

Liefde

Oom Jan

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Hoe?
Josua Rigters en Rut
You Got The Vision
Plasing No 0088
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Leave a Reply

Your email address will not be published.