Kersgebed

My liewe Boeties en Sussies

My gebed vir julle hierdie Kersgety is  gebaseer op Mat 5 vers 1 tot 12

  

Here God van liefde, ons is bly omdat ons weet dat ons van U afhanklik is en dat U koninkryk ons deel mag wees. Here ons wil geen tree sonder U loop nie Ons het U so nodig.
Here dankie dat U ons brandende begeerte na U bevredig wanneer ons naby U leef en binne U wil bly. Dis nie altyd so maklik nie, maar dankie dat U getrou is en ons bystaan.

Here dankie ook vir U ontferming en help ons om ander by te staan soos U ons bystaan.
Here help ons om in vrede met ons medemens te leef . Dankie vir die vrede wat alle verstand te bowe gaan omdat ons U kinders is en U belofte dat ons U eendag sal sien.

Here dankie  dat ons aan die nuwe ryk deel kan hê as ons ter wille van U vervolg word omdat ons binne U wil, wil leef.
Here U vreugde is ons krag en ons het U lief met ons hele hart, siel, krag en verstand. Aan U al die eer  U alleen is God.”

Amen en amen.

Mag elkeen van  julle voorwaar ‘n ware Christus fees hierdie jaar beleef.

Groete,

Duimpie

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Kalahari Gebed
Psalm Min Een
Raad Vir Ons Elkeen
n Vrou se Gebed
Psalm 23
Plasing No 0347

Leave a Reply

Your email address will not be published.