Lekker Lekker Potjiekos – 2021

Weergawe No 27

Ja, dis nou al vir 27 jaar wat Mindalore se Potjiekos kompetisie aan die gang is en elke jaar is dit een groot lekker saam kuier! Dis hier waar die Mindaloreans om die kospotte lekker saam kuier. Ons organiseerders is Kriek en Alta Fourie en Mindalore is baie dankbaar vir julle harde werk.

Rene Kleynhans en Shantelle de Klerk was hierdie jaar die beoordelaars en hulle het beslis ‘n moeilike taak gehad! Wat is ‘n potjiekos dag sonder lekker kermis poeding en tuisgebak, en natuurlik moet daar lekker Pannekoek wees wat die hol kol op die maag moet vul terwyl daar deur die heerlike geure van die potte gestap word!

Dankie aan almal wat daarmee gehelp het! Die Stierlins het gesorg dat die kinders besig gehou word op die springkasteel, en die von Wiellighs het vir ons ‘n klimraam geskenk tot vermaak van die kinders.

Baie geluk aan ons wenners van 2021!

1e Plek: Jacques en Louis – Biltongpot
2e Plek: Christo van der Westhuizen – Wildspot
3e Plek: Gerhard Schlebusch – Beesstert
Beste Gees: Jeug Bunny Chow Potjie
Mooiste Stalletjie: Shaun en Sonja Powell Kerriepotjie.

Ons was geseënd met lekkerste weer vir die dag, maar ook met ons totale wins van R10 100 wat die Potjiekos, pannekoeke, poedings en gebak insluit.

Baie dankie aan elkeen se aandeel tot die sukses van hierdie baie lekker dag

Ander plasings oor Lekker Lekker Potjiekos kompetisies

Lekka Lekka Potjiekos – kompetisie 2012
Lekka Lekka Potjiekos – kompetisie 2013
Lekka Lekka Potjiekos – kompetisie 2014

Plasing No 0335

Leave a Reply

Your email address will not be published.