Lekka Lekka Potjiekos! – 2013

Lekker, lekker Potjiekos – 2013

Leander Fourie

Die Potjiekos kompetisie is al vanaf 1994 ’n jaarlikse instelling in Mindalore wat gepaard gaan met groot kuier en feesvieringe.  Hierdie jaar op Saterdag 4 Mei, het die deelnemers van heinde en verre gekom. Shaun en Sonja Powel met hul wenner Skaap kerrie Pot van Edenvale af, Johannes en Carina de Beer met hul Eland Breyani van Randburg af en Dorothy Mostert met haar Tradisionele Afval van Reitz af!

    Die beoordelaars Lynette Botha en Marietha de Jager het ‘n moeilike taak gehad om die elf Potte te beoordeel. Daar was ’n groot verskeidenheid: Wilds, vis, Afval, Eland Breyani, Skaap Kerrie, Hoender en ’n baie interessante  Hollandse pot met Appeltert en slagroom! 

   Wat die jaar ook anders gemaak het as die vorige jare, is dat die “kombuise” ook beoordeel is!

  Gerhard en René Kleynhans het met hulle “Surprise Pot” gesorg dat die kindertjies se behoefte aan sjokolade bevredig kan word, deur Marshmallows in gesmelte sjokolade te doop! André Bestbier het weer tot baie se redding gekom met sy Roomys Pot!

   Ons sê dankie aan ons Hemelse Vader vir ’n lekker sonnige dag gesorg het.

Verder sê ons dankie vir elke deelnemer wat die voedsel so smaaklik voorberei het sodat daar min oorgebly het, elke persoon wat daar was wat kom ondersteun het deur kos te koop, sonder die ondersteuning sou die dag nie ‘n sukses gewees het nie, almal wat gehelp het om die tafels en stoele uit te dra en weer op te ruim na die tyd, die beoordelaars wat ‘n groot taak gehad het en dit met soveel smaak en dinkskrum baie suksesvol gedoen het, alle donasies, Heinrich vir die skenk van die Springkasteel vir die dag, al die dames wat Poedings gemaak het en Pannekoek gebak het en vir Alta vir haar ondersteuning met nuwe werkbare idees en die druk van die kaartjies.

   Dit was weereens vir my ‘n eer om die kompetisie te reël.  Die satisfaksie wat daaruit voortspruit met so groot sukses wat behaal is vertrou ek dat die tradisie wat lankal reeds bestaan nog tot groter hoogtes sal lei. Dankie vir die mooi bedrag van R 6400.00 wat ingevorder is.

  Baie Geluk aan die Wenners, Shaun en Sonja Powell (Alias Rasbanji) met hulle Pot uit die Ooste (Skaap Kerrie), Henning en Dorothy Mostert met hul Afval en Christo van der Westhuizen met sy geurige Wildspot.

   Sien julle weer volgende jaar!

Kriek

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Lekker Lekker Potjiekos -2012
Lekka Lekka Potjiekos – kompetisie 2014
Gemeentekamp – 2013
Wen n Jag Naweek
Wen ‘n Jag Naweek – Trekking


Plasing No 0197
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Foto Danksy Lynn Greyling

Leave a Reply

Your email address will not be published.