Mannekamp – 2014

By Klipdraai

Die naweek van 21 -23 Maart het 18 manne van Mindalore by Klipdraai gaan kamp. Gerat vir die groot visvang ekspedisie van die eeu.    Wat ‘n lekker plek om te gaan kamp, ons het laer getrek en ons kombuis in die middel van die laer opgeslaan. Ek is seker ou Oom Andries Pretorius sou trots gewees het op die laer!

  Ons manne moes vinnig uitvind wie is wie want met Jan en Jan, André en André, Riaan, Riaan en Riaan, was dit behoorlik ‘n Babelse verwarring, maar met Mot, Tor en Muskiet is die saak baie vergemaklik!

   Vis was daar nie, behalwe Andre Jr wat ‘n 2duim vissie gevang het, maar dit het ons nie weggehou van die mooi rivier nie! Ons het lekker ge-eet, geswem, gekuier, gebraai en gelag! Dit was nodig vir ons manne om sommer net saam te kuier.

   Saam het ons deur 3 Johannes, Spreuke 3 en Habakuk gewerk om te hoor wat is dit wat God van elkeen van ons verwag en hoe moet ons die situasie van ons land op die oomblik hanteer.

   Dit was een van die lekkerste Mannekampe nog! Volgende jaar maak ons beslis weer so en dan hoop ons al die mans van die gemeente sal saamgaan. 

   Kom dames! Wanneer hou julle ‘n Dameskamp?!?

Nog Kampe en Buitelewe
MMC – Mighty Men Camp 2013
Manne Kamp – Pa”s en Seuns Kamp – Maart 2012
Gemeentekamp – 2013
Fees van ‘n Gemeentekamp -2011
Luister – God Roep Jou – Gemeente Kamp 2012
Wen n Jag Naweek 2021
Plasing No 0306

Leave a Reply

Your email address will not be published.