Mindalore is 50 – Ontmoet Tannie Anna Roodt

Tannie Anna Roodt is ’n stigterslid van die NG Gemeente Mindalore en het op 11 Januarie 2021 ‘n geseënde 100 jaar oud geword. Tannie Anna is Gebore op 11 Januarie 1921 in die distrik Hoopstad. Sy en Oom Jan Roodt wat ook lid van die Boukommissie van die nuwe Kerkgebou was, is op 7 Desember 1940 getroud.

Hulle was van die eerste inwoners in die nuwe ontwikkeling met die naam Mindalore wat ‘n saamvoegsel van Franse woorde is wat “Goudmyn” beteken en sy woon al 56 jaar in Mindalore. Met die nuwe ontwikkelinge wat plaasgevind het, het die NG Kerk Witpoortjie se getalle baie gegroei en was die inwoners van Mindalore baie opgewonde om hul eie gemeente te stig wat was Mindalore NG Gemeente bekend te staan. Die vooruitsig van hul eie predikant, Kerkraad, kerkgebou en pastorie was vir hulle ‘n hoogtepunt waarna hulle met verwagting uitgesien het.

Vir die Lidmate van die nuut gestigte NG Kerk Mindalore is Vrydag aande as Fondsinsamelingsaande gebruik. Hulle het onder andere Pannekoek en vetkoek met maalvleis verkoop en hulle het as ’n span baie lekker saamgewerk. Baie fondse moes bymekaar gemaak word vir die bouwerk en ook al die breekgoed en gordyne en ander noodsaaklikhede van die kerk.

Tannie Anna se sussie, wat ons almal as Tannie Sussie geken het, en Oom Abie was ook in die gemeente en Tannie Sussie het die eerste net wat oor die Nagmaalstafel gegooi is nadat die tafel voorberei is, gemaak. Vir tannie Anna sal Mindalore altyd haar hart se punt bly. Sy onthou nog die jare toe die kerk tydens die eredienste stampvol gepak was. Die Kerssangdienste met so ‘n vol kerk was ook vir haar ‘n belewenis was sy altyd sal onthou.

Tannie Anna se boodskap aan NG Kerk Mindalore moet haar 50e verjaarsdagviering is: “Wees in alles dankbaar en bid sonder ophou!”

Henning

Mindalore is 50 – Ontmoet die Argitek
n Jaar Van Geestelike Groei
Mostert Egpaar 60 jaar getroud
Veertig jaar van God se Alomteenwoordigheid
Vertrou My, My Seun
Persoonlike Getuienis – Deel Een
Die verhaal van Tussen Ons


Plasing No 0242

Leave a Reply

Your email address will not be published.