‘n Heerlike Jagnaweek

Ons Jagnaweek kompetisie waaroor ons in verlede maand se Tussen Ons berig het, het plaasgevind tydens die naweek van 22-25 Julie op die pragtige plaas van Kobus en Mariska Meyer in Lephalale.

Ons het vertrek uit die koue Krugersdorp  en Donderdag namiddag aangekom op Meyersrus. Oom Koot en tannie Hannie se gasvryheid ons sommer dadelik tuis laat voel en ons het uitgepak en ontspan om ‘n rustige bosveldvuurtjie.

Vrydag 23 Julie was seker een van die koudste oggende landwyd,  selfs die voëls se waterbakke was gevries! In die koue het Klaus, die jagter, en Johannes, die gids, uitgegaan om te gaan Jag.

Monica en Henning het die rustigheid van die kamp geniet en oom Koot het vir ons die mak Nyalas gaan wys en Monika kon hulle met die hand voer.

Klaus het Vrydag oggend sy Rooibok geskiet en na ’n lekker bruch het hy die blesbok geskiet en ‘n vlakvark. Die Jagtersbloed het in Klaus gevloei en Saterdag oggend het hy ‘n Rooibok geskiet en vir ons gemeente geskenk om droë wors te maak vir ons Belydenisklas se kampfondse. Die middag het Kobus, Mariska, Marunique en ‘n maatjie by die plaas aangekom.

Saterdag middag het ons met die .22 gewere gaan teiken skiet en daar het die 8jarige Marunique vir ons almal gewys hoe daar nou eintlik met ’n .22 geskiet moet word.

Daarna het ons op die plaas gaan rondry en die Kameelperde, Swartwipense, Koedoes, Gemsbokke, vlakvarke en tot ’n erdvark gesien het.

Baie dankie aan die Meyers van Meyersrus vir ’n  wonderlike naweek van saam kuier en lag en eet en die mooi van die natuur met al die mooi diere en voëls te kon geniet.

Hou jou visier gerig op volgende jaar se kompetisie!

Ander Buitelewens en kampe

Mannekamp – 2014
Lekka Lekka Potjiekos – kompetisie 2014
Manne Kamp – Pa”s en Seuns Kamp – Maart 2012
Wen ‘n Jag Naweek – Trekking
Wen n Jag Naweek
Plasing No 0317

Leave a Reply

Your email address will not be published.