Niemand gee meer om nie

Niemand het meer respek nie

My liewe Boeties en Sussies

Hoe dikwels hoor ons nie die woorde: “Niemand gee meer om nie. Niemand het meer respek nie”. Ja, dit voel soms so. Maar wie se skuld is dit? Ek dink ons moet elkeen vir onsself die vraag vra “Hoeveel dra ek by tot die wêreld sonder omgee. Leef ek dit uit wat Jesus so duidelik aan elkeen gewys het terwyl hy op aarde was? “

Matteus 25:40Dit verseker Ek julle : Vir so ver julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers van my gedoen het, het julle dit aan My gedoen.“ Hebreërs 13:16 “Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dis die offers wat vir God aanneemlik is.“

Wat offer ek en jy? ‘n Afjak? ‘n ou afskeep ietsie?  Jakobus sê “as geloof nie tot dade oorgaan is dit (jou geloof) dood.” So, my liewe Boetie en Sussie die keuse lê by jou en my – Wat gaan ons doen in ‘n wêreld sonder omgee?

1 Johannes 3:18 “Liewe kinders, Ons liefde moet nie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.”

Gee net om iemand se mond stil te hou of jou eie gewete te sus, is ook nie die antwoord nie. Gee met ‘n opregte hart. God ken die bedoeling van die hart.  Weet julle Ed Sullivan het ‘n baie belangrike ding gesê: “As jy iets goeds vir ‘n ander doen, genees jy terselfdertyd jouself, omdat ‘n dosis vreugde geestelike medisyne is. Dit oorskry alle grense.”

Wanneer jy met ‘n opregte hart omgee, kom die respek van self. Respek kweek respek Jy respekteer wie jy help en hy/sy respekteer jou.  Robin St. John sê “Wat die hart weggee , is nooit verlore nie… dit word bewaar in die hart van ander.” Kom ons deel vriendelikheid en liefde uit. Kom ons kyk wat persone se behoeftes is en deel dit wat ons het met ‘n opregte hart.

Liefde is die rede agter alles wat god doen. Leef elke dag in Sy liefde en gee om.
Wat saak maak, is nie wat jy doen nie, maar hoeveel liefde jy daarin stort (Moeder Theresa)

Lekker omgee!

Groete,

Duimpie
Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Elkeen Het n Doel
Wat Word Van Die Wereld?
Die Einde van Alles
Glo en Doen
Ons Word Dopgehou
Laat Heer U Seen Op Ons Daal
Watse geskenke koop ek die kersfees?
Raad Vir Ons Elkeen
Plasing No 300


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *