Nuwe Jaar – Nuwe Paaie

Wat gaan God vir jou doen? Ons is so geneig om te vra wat gaan ek vir God doen dat ons skoon vergeet dat God die Een is wat doen. Ons moet ophou om self dinge te doen en God toelaat om te doen wat Hy vir ons beplan het. Gee oor, my liewe Boetie en Sussie en jy sal verstom staan oor wat God doen!

Jesaja 48:17 sê “So sê die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou help op die pad waarop jy moet gaan.”  

Laat God elke dag toe om deur jou te werk en jy sal verbaas staan oor die groot en wonderlike dinge wat gaan gebeur. Daar staan in Jesaja 49:3 “Hy het vir my gesê: Jy is my dienaar, jy is Israel, deur jou maak ek my mag bekend.“

Luister fyn en laat God toe om Sy werk te doen.
Jesaja 49:6b “Ek maak jou ‘n lig vir die nasie sodat die redding wat Ek bewerk die uithoeke van die aarde sal bereik.”

Efesiërs 3:20-21 –“Aan Hom wat deur Sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in ewigheid.”

 Mag elkeen van ons werklik in 2012 ontdek wie ons is in Christus.

Lekker verbaas staan oor wat God doen!

Groete

Duimpie

Nog Sielskos vir die Lewenspad
Its About Time
Die Mezuzah
God Is Met Mindalore Oppad
Nuwe Plasings

Plasing No 0086

Leave a Reply

Your email address will not be published.