Ons Kamp – 2013

Gemeentekamp by Eastco

Een van die hoogtepunte op die Mindalore Kerkkalender is die gemeentekamp by Eastco. Dis die een geleentheid van die jaar waar ons saam met ons gesinne en vriende net lekker kan kuier en vergeet van al die sorge en bekommernisse van die lewe.

  Hierdie jaar het die Here ander planne vir ons gehad, want dit was bitter koud en die wind het gewaai asof hy moet opmaak vir die hele Augustus wat hy vergeet het om te waai! Hierdie koue weer het ons gedwing om saam met ons gesinne en mekaar te kuier.  Dink jouself in die prentjie, 5 grootmense binne in ‘n karavaan om die tafeltjie gekloek en speel kaart!

Een ding wat Mindalore goed kan doen is EET! Hierdie naweek was die kospotte van Egipte na vore gebring en is daar behoorlik fees gevier! Almal het ingespring en gehelp met die voorbereiding van die kos en het ons ook verder lekker gekuier!

  Ons het hierdie jaar ook tyd spandeer rondom Geestelike groei. Wat is nodig om geestelik te groei en wat is die hindernisse wat in ons pad kan kom om te keer dat ons geestelik groei. Nog ’n geestelike hoogtepunt was ons jaarlikse besoek aan Mountain of Faith.  Wanneer mens so teen die kop uitstap na die kruis toe raak mens bewus van die Kruispad van Jesus.

  Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om hierdie jaar se gemeentekamp so ‘n wonderlike ervaring te maak! Ek hoop dat ons volgende jaar sommer die hele Eastco sal kan uitboek.

  Baie dankie aan die Kok gesin wat al die reëlings op hulle skouers geneem het, ons almal waardeer julle.

Liefde

Henning

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Manne Kamp – Pa”s en Seuns Kamp – Maart 2012
Fees van ‘n Gemeentekamp -2011
Jeug Kamp 2013
Gebeds Uur – Deel een
Maandlikse leesrooster
Plasing No 0229

Leave a Reply

Your email address will not be published.