Phemba – Plek van hoop

ISIMANGALISO – WONDERWERK, IET’S BESONDERS

Een Swazi woord wat die uitreik vanaf 6 – 14 Desember 2013 na Swaziland die beste beskryf is “isimangaliso” Dit beteken Wonderwerk, iets groots en Amazing.

   Ons vier, Jannie en Anne-Marie Scheepers, Henning Mostert en Ronel Opperman, was werklik net die ambassadeurs van NG Kerk Mindalore.  Ons het geweet ons taak gaan wees om aan die Pastorie op Phemba “Plek van hoop” te gaan werk, maar ons het nie geweet hoe nie, want fondse is maar ‘n probleem, en dit was net hier waar die wonderwerke begin het!

Magnum Packaging het vir ons boksies geskenk en die lidmate van NG Kerk Mindalore het 119 geskenk boksies op gemaak wat ons vir kinders kon uitdeel! Verder het Arrow Plumbing in Krugersdorp vir ons ‘n klomp loodgietery geskenk.

Die wonderwerke het nie gestop nie, ons het baie klere en ook kontant donasies ontvang en Ronel het skenkings ontvang om houtwerk te doen. Lidmate het ook vir ons 10 Swazi Bybels geskenk.

   Die weer was ook fantasties, almal het ons gewaarsku teen die hitte van Desember, maar God het ons geseën met koel weer!

  Behalwe vir restourasie aan die gebou en uitdeel van persentjies, het ons ook by verskeie geleenthede opleiding gegee in die doel van Kerkwees, die belangrikheid van gebed asook die waarde van Bybelstudie groepe.

   Ons wil graag elke persoon bedank wat gehelp het om die uitreik ’n “isimangaliso” ervaring te maak!

Henning

Kindertjies met geskenkboksies wat uitgedeel is.119 kindertjies se gesiggies het gestraal van blydskap en opgewondenheid

Dit was nie net die  kindertjies wat opgewonde was nie.  Die ouma wou graag ‘n pop gehad het. Toe sy die een kry, het sy haar soos haar eie baba vasgedruk en gesoen

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Waarom moes Jesus as mens gebore word?
Die Geel Roeibootjie
Bid en bly op die smal pad
Geloof in Aksie
Watse geskenke koop ek die kersfees?
Ons Weet Wie Jesus Is
Besoek Aan Swaziland
Plasing No 0256

Leave a Reply

Your email address will not be published.