Speel maak die lewe ‘n fees

Die Spreekwoord sê: “Mens is nooit te oud om te leer nie”, maar vir die Goue Jeug is die . spreekwoord waar: “Mens is nooit te oud om te speel nie!”

Donderdag 16 September het die Goue Jeug ‘n speletjies dag gehou. Dit was Rummy Cub, Dominos en sommer lekker saam wees.

Ons het in vandag se tye nodig om op lekker maniere skouer te skuur. Om saam grappies te maak en saam te lag.  Ons het nodig om net weer die kind in ons weer opgewonde te maak oor die lekker van die lewe.  Hierdie speletjies dag was ‘n lekker en ontspanne oggend. Die breins kry kans om weer te dink (veral vir diegene wat so klein bietjie “gekroek” het, want hulle moet mos nou ekstra hard dink oor hoe die reëls nou eintlik gebreek kan word.”)

By die Goue Jeug glo ons in ‘n gebalanseerde lewensstyl en daarom doen ons moeite om elke maand ‘n nuwe aktiwiteit te reël. Ons wil al ons afgetredenes en mense wat van die huis af werk, wat net vir 2 ure op die derde Donderdag van elke maand nodig het om bietjie mens te word, om by ons te kom aansluit.

Daar is altyd lekker eetgoed saam met ‘n koppie tee of koffie na die tyd.

As jy wil deel word van die Goue Jeug, kyk net op die Kalender wanneer die volgende byeenkoms is

Vorige Goue Jeug Byeenkoms ensielskos vir die lewenspad

Bostik and Sellotape
Goue Jeug Laat Waai met Pannekoek
Dit is Nutteloos
Paws For People
Plasing No 0329

Leave a Reply

Your email address will not be published.