Wie is Ons

Ons kerkkompleks is geleë in Richardsonlaan 30 – 32,(hoek van Hendrik Potgieterstraat)
in Mindalore) – Google Map-verwysings 26 ° 08’13.7 “S 27 ° 49’32.6” E of
-26.137139, 27.825722,
Google sal antwoord dat die adres Richardsonlaan 584 is, maar u kan dit ignoreer.

Telefoon Nommers van Bestuur

NG Mindalore is ‘n gemeente wat afgestig het van NG Witpoortjie in 1971. In die
vyftig jaar van ons bestaan het ons net twee Dominees gehad. Die eerste was Ds. Louis Mostert van 1971 tot sy aftrede in 2002.
Daarna was Ds. Henning Mostert aangestel in die Middel van 2002. Dit was in ‘n tyd in ons geskiedenis waar die toekoms inderdaad baie bleek gelyk het. Maar, met God se genade en die samewerking van die hele gemeente het ons deur die drif getrek.

Vandag bestaan ons uit net oor die 400 lede 9doop en belydende) en ervaar ‘n tyd van besondere seën en voorspoed.

JEUG

Ons jeug is besonders sterk met ‘n span van toegewyde en ervare jeugleiers wat gaan na
buitengewone lengtes om te verseker dat die jeug die beste moontlike geestelike opvoeding kry. Die kinders is in vier groepe opgedeel,
Kinderkerk – Tot Graad 1
Little Warriors – Graad 2 tot Graad 6
No Limits – Graad 7 tot Graad 10
Belydenis Klas
Vir meer inligting kontak Die jeug Leier en Ouderling – Adriaan Gross of gaan direk na ons Jeug Blad


GOUE JEUG

Hierdie is ons groep vir ons senior lede en hulle vergarder een keer ‘n maand vir gesellige more en verskillende aktiewieteite. Vir Meer Besonderhede kontak Lynette Botha of gaan direk na ons Goue Jeug Blad

SKITTERVROUE

Hierdie groep dames is betrokke by fondsinsameling, ondersteuning met spyseniering en ander noodsaaklike aspekte van die gemeente se alledaagse lewe. Hulle kom ook gereeld bymekaar vir hul eie geestelike en sosiale opheffing,
Vir meer Besonderhede praat gerus met René Kleynhans of gaan direk na ons Skittervroue Blad

Nog Sielskos vir Die Lewenspad
Nuwe Plasings
Verjaarsdae Junie
Huweliksherdenkings – Junie

Plasing No 0123

Leave a Reply

Your email address will not be published.