Tou Opgooi

My liewe Boeties en Sussies

My Ma het altyd gesê : “Jy weetwat jy nou is, maar jy weet nie wat jy netnou is nie.” Dis so waar!  ‘n Mens se lewe kan in ‘n japtrap verander. Al konstante is Jesus Christus. Hy is onder elke omstandigheid by jou. Hy het jou baie lief. Psalm 9 v 8 :”Die Here sit vir altyd op Sy troon. Op Sy regterstoel is hy steeds gereed vir die regspraak.”
Hebreërs 1 v 11 : “Dinge sal vergaan, maar U bly bestaan; v 12b “maar U, U bly dieselfde, en U jare het geen einde nie.”

Hebreërs 3 v 4 NLV : “Want elke huis het ‘n bouer, maar God is die meesterbouer van alles.”

   My Ma se gesegde het my laat dink aan Psalm 8 en ook Psalm 139. Psalm 8 v 5 : “Wat is die mens dan dat U aan Hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?

   Ons as mens kan soms so maklik tou op gooi as dinge nie reg verloop nie. Ons maak eers ons eie planne en dan , soms onthou ons : “o, ja ek kan God vra om my te help .” in plaas van dinge in Sy hand te sit wil ons Hom ( die grootte God) manipuleer om ons, ons sin te gee, of aan die ander kant , neem ons Hom kwalik vir die situasie waarin ons verkeer.

Psalm 139 v 3b :”U is met al my paaie goed bekend”. v 5 NLV : “U sluit my in van voor en van agter. U hand van seën is op my.”v 15 “Geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is nie. v 17 Hoe wonderlik is U gedagtes vir my.

My boeties en sussies moet asseblief nooit tou opgooi nie. Hou moed en glo wat die Woord van God sê. Hy is in beheer. Hy regeer. Jou naam is in Sy handpalm geskryf. Jy is baie kosbaar vir Hom. Hy is in elke situasie by jou. Vertrou op Hom, die Skepper  van alle sienlike en onsienlike dinge.

BLY VOLHARD IN GELOOF!

    Groete,  Duimpie

Nog Sielskos vir Die Lewenspad
Wipwaentjie
Glo En Doen
Gehoorsaamheid
Vertrou My, My Seun
Plasing NO 0211

Foto Danksy AlexaS

Leave a Reply

Your email address will not be published.