Van Skulpies tot Kruis

Mindalore se Goue Jeug is ‘n groep mense wat daarvan hou om te skep en nuwe dinge te leer. Met die Oktober samekoms het ons al daardie jare se skulpies wat ons so langs die strande opgetel het, op houtkruise geplak. Elkeen het sy eie unieke kruis gemaak met ‘n kombinasie van skulpies en papier en saam met die gekuier om die tafel het ons net weer besef hoe lekker dit is om as vriende saam te kan wees.

Jy hoef nie eers kunstig te wees nie, jy kon behoorlik net “spoeg en plak” en kyk watse mooi kunswerk voor jou oë vorm aanneem. Ons Goue Jeug wil graag meer mense betrokke kry en nooi almal wat by die huis is en behoefte het aan saam kuier om deel te word van hierdie lekker groep mense wat elke derde Donderdag van die maand saam kuier

Vorige Byeenkomste

Iets Uit Niks
Bostik and Sellotape
Goue Jeug Laat Waai met Pannekoek
Paws For People

Plasing No 0338

Leave a Reply

Your email address will not be published.